Operasie Kalahariwoestyn stopgesit
Denver Kisting
Die omstrede teenmisdaadveldtog Operasie Kalahariwoestyn bestaan sedert Sondag nie meer nie.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het dié wending bevestig.
'n Operasie wat eers in Augustus afskop, is glo op die tafel.
Dít kom ondanks pres. Hage Geingob en die nasionale polisiebaas, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, se lofliedere vir die veldtog se welslae.
Albei het onlangs benadruk daar sal dadels kom van lede van die publiek en burgerregteorganisasies se versoek om minstens die Namibiese weermag (NDF) aan die operasie te onttrek.
Die operasie en sy voorganger, Operasie Hornkranz, was albei in omstredenheid gehul vanweë die owerhede se beweerde gewelddadigheid.
Sowat twee weke gelede het 'n Zimbabwiese taxibestuurder na bewering aan die hand van 'n soldaat gesterf.
Kpl. Gerson Nakale, die vermeende skieter, was deel van 'n Kalahariwoestyn-padblokkade in Katutura toe hy die sneller glo getrek het en mnr. Fambauone Black (22) doodgeskiet het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie