Operasie Kalahariwoestyn: Afname in misdaad
Operasie Kalahariwoestyn is 'n reusesukses.
Só sê die Namibiese polisie (Nampol) se nasionale woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, in 'n mediaverklaring oor die gesamentlike misdaadvoorkomingsoperasies van Nampol, die Namibiese weermag (NDF), korrektiewe dienste, die Windhoekse stadspolisie en ander rolspelers in die stryd teen misdaad.
"Ek is verheug om te rapporteer dat Operasie Kalahariwoestyn aansienlike suksesse in die stryd teen misdaad toon," het Shikwambi gesê.
"Die publiek waardeer die positiewe impak wat die gesamentlike wetstoepassingsmagte tot die voorsiening van veiligheid en sekuriteit gemaak het. Die gesamentlike operasies sal dus voortduur."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie