Operaster bring heuningstem Windhoek toe
Die sensuele Suid-Afrikaanse operaster, Zanne Stapelberg de Lange, sal vir slegs een aand op die Warehouse-teater se verhoog met haar nuwe produksie, Still Dream, te sien wees.
Sy is geen vreemdeling in Namibië nie en sal vir een magiese aand die gehoor met haar goue heuningstem betower.
"Ek het 'n diep aangetrokkenheid tot Namibië en sy mense en geniet dit altyd om daar op te tree. Ek vind Namibiërs het die meeste waardering vir die gevoel en boodskap van die musiek, wat my lewe is, en wat ek wil oordra," sê Zanne oor haar komende optrede op 18 Oktober in die hoofstad.
Die produksie
Zanne is bekend vir haar ongelooflike talent as sangaktrise, en sy blaas lewe in elke karakter wat sy in die verskeidenheid arias en liedjies uitbeeld.
Dit produksie behels bekende arias, Franse kunsliedere, musiekblyspele en Spaanse Zarzuela-arias.
Zanne het haar opera-debuut op die ouderdom van 22 gemaak, en het haarself sedertdien as een van haar land se mees gerespekteerde en geliefde kunstenaars gevestig.
Kritici het Still Dream al as ‘n "nasionale skat" beskryf.
Hoogtepunte op die program sluit in die fabelagtige Franse “Image of the Rose” deur Hector Berlioz, Bizet se “Habanera” van Carmen, die “Jewel Song” van Gounod se Faust en die “Song to the Moon” van Rusalka deur Dvorak.
Die tweede helfte van die program kan as 'n fees beskryf word.
Zanne sing bekende feesvierliedjies deur komponiste soos Kurt Weil, Cole Porter en Stephen Sondheim. Sy sluit die aand af met haar groot passie vir Spaanse musiek, wanneer sy liedjies deur Obradors en die ongeëwenaarde meester van die tango, Astor Piazzolla, sing.
Sedert haar debuut het Zanne al in talle operas, oratoriums, toneelproduksies en musiekblyspele plaaslik en internasionaal verskyn.
Oor die jare het sy die voorreg gehad om vir bekendes soos Nelson Mandela, Desmond Tutu, FW de Klerk, Prins Edward en Paus Johannes Paulus II te sing.
Van die operas waarin sy al te sien was, sluit in Puccini se Suor Angelica, Gianni Schicchi en La Bohéme, Gounod se Faust, Mozart se Towerfluit, Idomeneo, Don Giovanni en Le Nozze di Figaro, Bizet se Carmen, Verdi se Falstaff en Aida, asook Strauss se Die Fledermaus.
Zanne het ’n BA-graad in musiek en Engelse letterkunde summa cum laude aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, asook 'n hoër lisensiaat in musiekuitvoering.
Kaartjies vir Still Dream beloop N$200 en is by EventsToday, PayToday en alle Airtime City-kiosks beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie