Opflikkering in inentings
Opflikkering in inentings

Opflikkering in inentings

November het ‘n duidelike insinking in Namibië se immuniseringsveldtog teen Covid-19 getoon – ondanks die beskikbaarheid van genoeg voorraad in die land.
Henriette Lamprecht
> >Dani Booysen - Nadat die wêreldwye verspreiding van ‘n nuwe variant van Covid-19, nou bekend as Omicron, Donderdag rugbaar geword het, het aansienlik meer nuwelinge Maandag en Dinsdag vir inentings teen die virus aangemeld.Gerapporteerde syfers vir eerste inentings was die meeste sedert laat in Oktober.

Vir Maandag is 2 553 nuwe inentings gerapporteer en 2 888 vir Dinsdag. Dit is onderskeidelik 35% en xx% meer as op dieselfde twee dae die voorafgaande week.

Toe was die hoogste daaglikse syfer 2 460 – met data vir alle ander dae wel benede 2 000.

In November is 40 491 eerste dosisse entstof toegedien – die minste in een maand sedert April.

‘n Totaal van 20 420 tweede dosisse is die afgelope maand toegedien; die minste sedert Junie.

Julie en Augustus se tekort aan AstraZeneca het ‘n rol gespeel wat in ons grafika waargeneem kan word.

Data wat die afgelope twee dae vir Maandag en Dinsdag aangekondig is, toon Namibië staan moontlik aan die voet van ‘n vierde golf van infeksies.

Gemeet oor sewe dae, het die nasionale gemiddeld vir nuwe gevalle per dag van agt tot 27 toegeneem. Die distrik van Windhoek verteenwoordig 80% van die toename, met die hoofstad se daaglikse gemiddeld wat 4 tot 22 nuwe gevalle toegeneem het.

Toenames is ook te bespeur in //Kharas, Erongo en Otjozondjupa.

Hoewel byna 150 000 mense reeds ‘n tweede dosis van Sinopharm ontvang het, kwalifiseer net sowat 250 mense om reeds vir ‘n derde dosis van die entstof aan te meld. Die aanbevole wagperiode na die tweede inspuiting is 6 maande.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!