Opgedroogde en leë damme: Wat word van ons visse?
Kan babers werklik onder die grond oorleef en hoe herstel visbevolkings ná droogtes? ''n Kenner vertel oor onder meer Namibiese damvisse se vrektes en aanpassingsmeganismes.
Die heersende droogte en gepaardgaande lae damvlakke en selfs leë damme, kan veroorsaak dat ''n gedeelte van visbevolkings vrek.
Volgens NamWater se jongste damverslag is altesaam vyf van die 17 damme wat daarin vermeld word, dolleeg – dit is die Omatako-, Dreihuk-, Bondels-, Omaruru Delta- en Omatjenne-dam. Al die nasionale damme op hul verslag het ''n gesamentlike kapasiteit van 699,205 Mm³, maar hou in totaal tans net 168,907 Mm³ (24,2%) water.
Na verwagting kan die Swakoppoort- en die Von Bachdam ook teen die einde van die jaar opdroog en is die damme tans onderskeidelik 6,4% (4,058 Mm³) en 11,2% (5,419 Mm³) vol. Nog vier damme het almal minder as 25% water oor.
Wetenskaplikes meen droogtesiklusse wat uitsonderlike lae watervlakke tot gevolg het, lei meestal nie tot ''n totale verlies aan ekostelsels nie en kan selfs tot voordeel van die lewe in geslote waterstelsels strek.
''n Senior visbioloog van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Francois Jacobs, het met Republikein gepraat oor wat tydens droogtes met varswatervisse in nasionale damme gebeur. Hy is ''n navorser verbonde aan die Kamutjonga Binnelandse Visserye-instituut (Kifi) naby Divundu.
Watter varswatervisse kom plaaslik voor?
''n Verrassende groot verskeidenheid visspesies kom in Namibië se afgesonderde vleilande en riviere voor.
In die Noorde in byvoorbeeld die Zambezirivierstelsel is tot 120 verskillende visspesies aanwesig. Die Kwando-Linyanti-Chobe-stelsel tesame met die Kavango-stelsel is die tuiste vir 73 geïdentifiseerde visspesies, alhoewel onlangse studies aandui dat dié getal dalk eerder 83 is. Die Kunenerivier huisves sowat 70 visspesies, tesame met die oshonas in Owamboland, wat ''n groot verskeidenheid inheemse visspesies bevat.
Die Oranjerivier in die Suide is die tuiste van sowat 17 visspesies.
Die binneland het riviere wat weswaarts vloei met talle dammetjies en poele waarvan die meeste enkele visspesies huisves. Dié spesies is inheems, maar is meestal van elders in die land hierheen verskuif.
Die talle grotstelsels en sinkgate in die Karstveld bied ook ''n tuiste vir baie interessante en bykans nog onbestudeerde visspesies, soos die blinde baber (Clarias cavernicola) en die Otjikoto-kurper (Tilapia guinasana), wat endemies aan Namibië is.
Endemies beteken die spesie is inheems en kom eksklusief in ''n sekere gebied voor, terwyl inheemse spesies ook elders kan voorkom, maar van nature in ''n spesifieke plek ontstaan het.
Die visspesies wat in damme soos die Hardap-, die Von Bach-, die Swakoppoort-, die Omatako-, die Naute- en die Friedenaudam voorkom, is ''n mengsel van uitheemse spesies asook verplaasde of verskuifde inheemse visse.
Histories is dié damme in seisoenale riviere gebou, wat moontlik slegs enkele visspesies soos die baber (Clarias gariepinus), vleikurper (Tilapia sparrmanii) en die rooiborskurper (Coptodon rendalli) in klein poele gehuisves het.
Die gewildste spesies in dié damme soos die karp (Cyprinus carpio), swartbaars (Micropterus salmoides) en die bloukurper (Oreochromis mossambicus) is almal indringerspesies in Namibië. Hulle is meestal vanaf Suid-Afrika ingebring as gevolg van hul bydrae tot voedselsekerheid of hul waarde as dit by hengel vir ontspanning kom.
Wat gebeur as damme baie leeg raak of opdroog?
Die onlangse droogtes wat in Namibië voorgekom het, kan ''n negatiewe uitwerking op visspesies hê, veral in geslote waterstelsels. Die visse kan ''n broeitydperk oorslaan en hul toestand kan in so ''n mate versleg dat ''n gedeelte van die bevolking vrek, veral waar dit gepaardgaan met vinnig veranderende omgewingstoestande.
Warmer temperature kan byvoorbeeld daartoe lei dat suurstofvlakke in die water drasties daal en swakker visse soms in groot getalle vrek.
In uiterse stresvolle omstandighede kan visse ''n tipe onaktiewe toestand binnegaan waartydens hulle drasties minder vreet en beweeg om energie te kan bespaar. Sodra dit gebeur, raak dit moeilik vir vissermanne om enige visse te vang, wat onwettige visvangmetodes kan aanspoor en ''n groter negatiewe impak op visbevolkings sal hê.
Droogtesiklusse wat uitsonderlike lae watervlakke tot gevolg het, lei egter nie altyd tot ''n totale verlies aan ekostelsels in die water nie. Tydens hierdie droogtes kry ekostelsels – en veral geslote stelsels - in der waarheid ''n kans om van “voor af te begin” en te herstel. Sodra watervlakke weer begin styg, word voedselbronne aan die onderkant van die voedselketting (organiese materiaal wat op banke onder die water versamel) herwin en weer met voedsamer kos vervang.
Die jare ná ''n droogteperiode is gevolglik dikwels meer produktief as opeenvolgende jare waar watervlakke relatief hoog bly.
Dooie visse is onlangs by sommige damme opgemerk. Die Swakoppoortdam het ''n besoedelingsprobleem en ''n sterk teenwoordigheid van blou-groen alge. Vrek visse as gevolg van besoedeling?
Dit is onmoontlik om te voorspel watter visse binne ''n gegewe ekostelsel sal vrek. Namibië se voordeel is dat die meeste van sy waterstelsels ver van groot nywerheids- of dorpsgebiede geleë is, wat andersins water kan besoedel.
Inderdaad is vissterfte voorheen in sommige damme ervaar, maar die oorsaak daarvan is moeilik om te verstaan. Dit is uiters moeilik en duur om vas te stel wat visse laat vrek en so ''n proses lei dikwels ten beste tot vae verduidelikings.
Besoedeling is dikwels ''n groot oorsaak van vissterftes, maar dit bly net een van die bestanddele wat nodig is om ''n reeks kettingreaksies te begin wat tot massiewe vissterftes lei. Dié kettingreaksie word egter meestal deur veranderende omgewingstoestande soos temperatuur, reënval of barometriese druk veroorsaak.
Die visspesies wat in die damme voorkom, is gehard en die bloukurper kan selfs in brak water oorleef. Die bio-akkumulasie in visse van byprodukte wat deur besoedeling veroorsaak word, is nog nie baie in Namibië bestudeer nie, maar ons kan aanvaar dat vlakke hiervan redelik laag is.
Die voorkoms van alge kan vissterftes veroorsaak, maar dit is raar, want baie min alge is giftig vir vis. Dit is eerder ''n geval dat alge die water van suurstof ontneem en tesame met hoë temperature, verminder die suurstof in die water. Dit kan daartoe lei dat visse versmoor.
Sekere damme het heeltemal opgedroog - waar is die visse heen?
Wanneer damme heeltemal opdroog, is dit moontlik dat sommige kleiner visspesies in klam gebiede oorleef, maar die meeste groter visspesies vrek. Tydens vloede sal visse weer natuurlik “oorspoel” van ander poele en dammetjies wat in die groter dam se opvangsgebied geleë is.
Indien die dam nie heeltemal leeg is nie, is dit feitlik gewaarborg dat die visbevolking heeltemal sal herstel en weer stabiele getalle sal handhaaf. Die meeste visspesies in Namibië en veral in ons binnelandse waterbronne is baie taai en sal herstel ná ''n droogte, solank hulle minstens ''n behoorlike broeiseisoen gegun word.
Spesies soos karp en swartbaars is bekend vir hul oorlewingsvermoë en dit is bykans onmoontlik om van dié visse ontslae te raak as hulle eers iewers gevestig is. Groot, vroulike karpe kan byvoorbeeld meer as ''n miljoen eiers produseer en die vis kan ''n biomassa van tot 3 144 kg/ha of ''n digtheid van 1 000 individuele per ha behaal.
Biomassa dui op die massa van die biologiese organismes in ''n gegewe gebied of ekostelsel op ''n gegewe tyd.
Is dit waar dat babers hulle onder modder begrawe as die water opdroog?
Gerugte bestaan lank reeds dat die Afrika-baber of skerptand-baber (Clarias gariepinus) kan oorleef as water opdroog, deur dormant onder droë modder of sand te lê. Wetenskaplikes huldig verskillende menings hieroor.
Navorsing dui aan dat hierdie teorie moontlik op hoorsê gebaseer is en deur bygelowe beïnvloed word. ''n Ander moontlikheid is dat mense die baber verwar met die Afrika-longvis, wat hom tydens sy somerslaap in ''n slymkokon omhul, maar dié vis kom nie in Namibië voor nie.
In opgrawings in opgedroogde rivierbeddings in Oos-Afrika, is babers onder die grond op dieptes van tussen 30 cm en 3 m gevind. Dié babers word egter bykans altyd in klam, poreuse sand gevind en nie in modder of klei nie.
Meer onlangse bewysstukke dui aan dat babers moontlik sal oorleef as hulle begrawe word in klam sand of in gate, waar hulle toegang tot beide water en lug het. Oorlewing in droë sand of modder is onwaarskynlik.
Indien hul habitat opdroog, kan hulle dus van oorlewingsmetodes gebruik maak deur in poreuse, nat sand te lê waarin hulle nie noodwendig toegang tot die oppervlak het nie, of hulle kan in nat modder gaan lê solank hulle toegang tot die oppervlak het. Hulle kan van bestaande gate gebruik maak waar beide water en lug beskikbaar is, of hulle kan ''n nuwe gat grawe, maar dan moet die “dak” van die gat nie inval nie en moet dit beskerming teen roofdiere bied.
Verskeie opgrawings waar water opgedroog het, dui aan dat babers inderdaad gate kan grawe en onder die grond kan oorleef, maar dit is net gedeeltelik aangepas en kan net vir ''n beperkte tyd buite water oorleef.
Dit is reeds wyd gedokumenteer dat babers in gate onder klam plantegroei of in watergevulde boomstompe of -holtes onder die grond kan oorleef. Sodra dit reën, kom hulle weer te voorskyn.
Kan ons ná droogtes visbevolkings “aanhelp” deur visse van elders te bring en in die damme te gooi?
Die herbevolking van Namibiese waters het ''n baie ernstige ekologiese bedreiging vir die inheemse visspesies geraak, hoofsaaklik as gevolg van genetiese vermenging en die verspreiding van siektes.
Daarom is dit baie belangrik dat die hervestiging van enige visspesies volgens die land se verskeie wette en beleide gedoen word. Die invoer en hervestiging van visspesies sonder om die behoorlike kanale vir lisensiëring te volg, is onwettig en strafbaar.
Namibië onderskryf die Wêreld Dieregesondheidsorganisasie (OIE) se 2008-kode vir die gesondheid van waterlewe en die hervestiging van enige visse moet geskied kragtens die Akwakultuurwet van 2002, die Wet op Binnelandse Visserye van 2003, die regulasies vir akwakultuur-lisensiëring van 2003, invoer- en uitvoerregulasies van 2010 asook die Omgewingsbestuurswet van 2007.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie