Oplossings vir grond en ontwikkeling
ERNST HASHAGEN SKRYF:
Dit is Vrydagogend. 'n feitlik nuwe Toyota Land Cruiser, volgepak met benodigdhede vir die plaas, hou voor die supermark stil. 'n Persoon (voorheeen benadeeld) geklee in 'n netjiese pak klere en opvallend blink swart skoene en sy vrou klim uit en bestorm die besigheid.
Dit kan net 'n staatsamptenaar of politikus wees, want in die privaat sektor begin die naweek nie op 'n Vrydagogend nie?
Hierdie persoon ontvang 'n goeie salaris met byvoordele en kan dus suksesvol boer. Deur 'n gunstige "affirmative action"-lening kan hy sy boerdery uitbrei en positief tot die land se voedselsekuriteit bydra.
Van hierdie voordeel kan die arm man in die sinkhuisie, wat ook graag 'n menswaardige bestaan wil voer, net droom.
Daar is duisende mense wat in armoede leef en na grond hunker. Hulle sal nooit suksesvol kan boer nie. Hulle probeer om 'n bestaan in die stede te maak. Dit is baie moelik en die meeste van hulle lewe onder haglike omstandighede met geen vooruitsig vir 'n menswaardige bestaan nie.
Minister Utoni Nujoma is reg as hy sê net ryk mense kan suksesvol boer. Dit het heftige kritiek uitgelok, veral omdat die minister nie bygevoeg het hoe hierdie onregverdige verdeling van grond reggestel kan word nie.
In Oktober vind 'n grondhervormingskonferensie plaas. Het daar ooit 'n deeglike grondoudit plaasgevind?
As gewone burgers vra ons onsself baie vrae af, o.a. wie besit die grond? Wie is suksesvol met sy boerdery, ens.?
Die vrugbare grond in die Noorde en Noordooste kan tot die broodmandjie van Namibië ontwikkel word. Op hierdie stadium is dit egter die gebiede met die hoogste werkloosheid en armoede.
Ons weet dat daar in sekere gebiede onwettige besettings plaasvind en dit nooit aangespreek word nie. Hoekom noem die minister van grondhervorming dit nie?
Die grond kan so ontwikkel word dat suksesvolle kleinboerdery 'n groot rol sal speel. Die mense wat daar bly, ken hulle wêreld en sal suksesvol wees, as die regering hulle sinvol ondersteun. Hulle sal opleiding in moderne boerdery moet kry. Hulle moet finansieel ondersteun word en die belangrikste: die grond wat hulle bewerk, moet aan hulle behoort, sodat ook hulle finansiële ondersteuning van banke kan kry.
In hierdie stadium is dit veral die Chinese wat daar besig is en groot geld verdien. Ek hoop dat hulle nie toegelaat sal word om tabakplantasies te ontwikkel nie.
Intussen het dit aan die lig gekom hoe die Chinese besighede ons land besteel. Geldwassery en belastingontduiking kos die land miljoene.
Ons het in die laaste tyd twee leiers verloor. 'n Groot verlies vir Namibië.
Albei was staatsmanne en nie net gierige politici nie. Hulle was nie net lojaal teenoor hulle party nie, maar het ook, na die beste van hulle vermoë, Namibië gedien. Nooit was hulle by enige skandale betrokke nie. Hulle bydrae het nie net 'n groot rol in die onafhanklikheidstrewe van ons land gespeel nie, maar ook tot die ontwikkeling na onafhanklikheid bygedra.
Hoekom het nie een van hulle president van die land geword nie?
Die regering noem dit graag dat in ons land vrede heers – maar hoe lank nog? Dink hulle werklik dat ons jeug tevrede met hierdie ondraaglike toestande is? Sal hulle bloot aanvaar dat sowat 40% van hulle werkloos is?
Dit gaan nie help om alewig die skuld aan die vorige bedeling te gee nie.
Iets sal drasties moet verander om ons land te red. Daar is oplossings – die wil om daarvan gebruik te maak, ontbreek egter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie