Oppas vir te veel protesteer
Die bekende frase uit Shakespear se Hamlet lui: “The lady doth protest too much, methinks.”
Die uitdrukking het die idiomatiese betekenis dat té luide ontkenning dalk ‘n poging is om die waarheid weg te steek.
Beide emeritusbiskop Zephania Kameeta, minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, en mnr. Derek Klazen, adjunminister van stedelike en landelike ontwikkeling, het Vrydag hewig te velde getrek teen die bekende Afrobarometer se jongste meningspeiling oor hoe inwoners vordering in die stryd teen armoede en werkloosheid beleef.
In kort is die erkende wetenskap bevraagteken wat in die opnames gebruik word. Die uitslae is uitgekryt as deel van ‘n vyandige agenda, glo aangevuur deur vreemde of buitelandse magte, om die regering te ondergrawe deur inwoners se ore vol leuens te pomp.
Dit is al vir baie jare ou laai wanneer die regering onder kritiek deurloop.
Meer is beslis tydens die presidentskap van dr. Hage Geingob gedoen om armoede te bestry. Die feit is dat daardie stryd nog lank nie gewonne is nie.
Eerder as om die boodskapper plat te skiet, moet geluister word na inwoners wat inderdaad by tye honger is, met leë beursies moet probeer oorleef en nie altyd medisyne of skoon water het nie. Om dit nié te doen nie, misken en minag hierdie mede-Namibiërs se oorlewingstryd.
Sekere bevindings van die Afrobarometer, soos groot vertroue in die regering, kan nie aanvaar en ander verwerp word nie.
So sê ander
9 Julie 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Oor sowat drie weke kry die Zimbabwiërs die geleentheid om hul kruisies by die stembus te gaan trek.
Dis die eerste verkiesing sedert onafhanklikwording in 1980 dat die naam Robert Mugabe geen openlike rol speel nie. Tog hang Mugabe se skaduwee steeds swaar oor dié geteisterde land.
Nadat Zimbabwe baie lank welvarend was en selfs op landbougebied die rol van die broodmandjie in die streek gespeel het, is dit vandag by wyse van spreke ’n smeulende ruïne.
Mnangagwa het ná sy bewindsoorname goeie geluide gemaak om die ekonomie te herstel. Of hy sy mooi woorde ná die verkiesing in die praktyk gaan bring, staan nog te besien.
Dus is die Zimbabwiese verkiesingsuitslag en die wyse waarop die nuwe regering ná dese die grondkwessie gaan aanpak, vir ons land maar ook vir die hele streek, van deurslaggewende belang.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie