Oppiwater-feesgangers besoek Namibië in 2016

Elvira Hattingh
Namibië is die eindbestemming vir die MSC Sinfonia tydens die Oppiwater Kunstefees wat volgende jaar van 1 tot 6 Mei plaasvind.
Die feesgangers sal ? besoek aan Lüderitz en Walvisbaai aflê, waar hulle verskeie uitstappies na Lüderitz, Walvisbaai, die Namibwoestyn en Swakopmund kan onderneem.
Vorige jare het die skip tot by die Maputo en die Portugese eilande gevaar.
Die gewilde fees word in 2016 vir die derde keer op die MSC Sinfonia aangebied, wat oor die afgelope twee jaar groter en luukser gemaak is en ook heeltemal nuut oorgedoen is. Die skip vertrek uit Kaapstad en tydens sy vaart kan reisigers na die beste Afrikaanse toneel-, kabaret-, komedie en musiekproduksies kyk. Daar word ook verskeie partytjies gehou.
Die eerste fees in 2014 se kaartjies het binne ses dae uitverkoop. Die skip word beskryf as ? “drywende, luukse hotel” met ? goed toegeruste teater wat 550 sitplekke bied. Verskeie ander kleiner venues op die skip word ook in teaters omskep. Reisigers stap van een teater na die ander, terwyl hulle tussendeur aan skemerkelkies en peuselhappies kan smul.
Die volledige program van die kunstefees word op 1 Oktober vanjaar bekend gemaak, waarna feesgangers by Computicket besprekings vir die verskeie produksies kan doen. Dis egter raadsaam om vooraf jou seevaart te bespreek. Diegene wat met die bespreking ? vermaaklikheidsfooi van R550 betaal het, hoef slegs R20 tot R50 per produksie te betaal. Dit kan by enige Computicket-tak by Shoprite- en Checkers-winkels gedoen word. Alle etes is by die prys ingesluit.
Belangstellendes kan vir die Oppiwater Kunstefees bespreek deur MSC Cruises (0027 0860 11 44 11) te skakel en vra om vir die RSG/Lefra Oppiwater Kunstefees te bespreek. Vir meer inligting, skakel (011) 815 3000. Vir vinnige aanlynbesprekings, besoek www.oppiwater.co.za

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!