Opposisie haaks met Whk-raadslede
Opposisie haaks met Whk-raadslede

Opposisie haaks met Whk-raadslede

Raadslede bevraagteken die geldigheid van die sogenaamde verblyfsertifikate in informele nedersettings.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die opposisiepartye se raadslede maak kapsie nadat die Windhoek-munisipaliteit se maandelikse raadsvergadering Woensdag voortydig deur die burgemeester, me. Fransina Kahungu, stopgesit is.

Volgens die raadslede me. Brunhilde Cornelius (RDP), mnr. Ignatius Semba (PDM) en me. Priska Kahuure (NUDO) is die vergadering kortgeknip net voordat omstrede kwessie dalk bespreek kon word wat Swapo-raadslede in die verleentheid sou stel.

“Die enigste logiese verklaring waarmee ons vorendag kan kom vir die irrasionele en verkwistende besluit van die burgemeester, is dat Swapo-raadslede gesig wil koop voor die komende interne verkiesing van Swapo se streekkandidate wat komende Sondag beplan word,” skryf die drie in ’n nuusverklaring Donderdag.

Omstrede kwessie wat volgens die vergadering se agenda bespreek sou word, sluit in die verwydering van die standbeeld van Kurt von Francois, asook die voortydige kansellering van die werkskontrak vir die uittredende hoof uitvoerende beampte van die munisipaliteit, mnr. Robert Kahimise.

Die kwessie wat egter die meeste inwoners raak, handel oor sertifikate vir verblyfsreg wat die hoofstad se munisipaliteit onlangs aan inwoners van informele nedersettings begin uitdeel het.

Volgens die opposisieraadslede maak Namibiese wetgewing nie voorsiening vir sulke sertifikate nie en “daar is geen grondslag in die wet waardeur enige regte aan enige houer van sulke sertifikate oorgedra kan word nie.

“Ons is bang dat dit niks meer is as ’n oefening om stemme te koop, boonop gebaseer op ’n leuen. Om mense sulke valse hoop te gee in ’n poging om in jou magsposisie te bly, is betreurenswaardig en ’n volslae vermorsing van belastingbetalers se geld,” skryf die drie gesamentlik.

Die raad sal na verwagting nou weer op Vrydag 9 Oktober vir ’n spesiale vergadering byeenkom om hierdie kwessies te bespreek, volgens die drie raadslede. Die toelaag vir die bywoning van raadsvergaderinge sal volgens hulle weer aan alle raadslede betaal word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!