Opposisie nie beu00efndruk met begroting
Opposisie nie beu00efndruk met begroting

Opposisie nie beïndruk met begroting

Covid-19 kan nie alleen die skuld kry vir hoe die ekonomie gevaar het nie, meen ’n politikus.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die president van die Rally for Democracy and Progress (RDP), mnr. Mike Kavekotora, het gister geen lof gehad vir die hersiene begroting van mnr. Iipumbu Shiimi, die finansminister, nie.

Die opposisieleier het gistermiddag by navraag gesê: “Hy praat van die vermindering van staatsuitgawes, maar sê nie hóé nie.”

Deur nie te sê hoe dié doelwit bereik sal word nie, is nutteloos, het Kavekotora uitgevaar. “Die begrotingstekort van 12,5% (van bruto binnelandse produk) word gesien as ’n eenmalige tekort.”

Hy sê hy kan nie sien hoe dié tekort spoedig verminder word “sonder enige strukturele ekonomiese aanpassing nie”.

Wat pres. Hage Geingob se nasionale welvaartsplan betref, sê Kavekotora: “Harambee het misluk om sy doelwitte te bereik – selfs voor Covid-19.”

Die opposisieleier het reeds gisteroggend kommer uitgespreek voordat Shiimi sy hersiene begroting in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê het.

Toe het hy gesê: “Die hersiening is regtig nie inspirerend nie. Hy sal fokus op die impak van Covid-19 op ons ekonomie en baie min oor hoe om die ekonomie weer aan die lewe te kry; niks oor hoe om die hemelhoë nasionale skuld te pak nie; niks oor ekonomiese diversifisering nie.”

Kavekotora het gesê hy sou meer wou hoor rakende die regering se strategie oor die staat se salarisrekening en staatsondernemings wat nie presteer nie.

Hy het ook op meer detail gehoop oor voedselsekuriteit, watervoorsiening en behuising. “En die werkloosheidsituasie en geslagsgegronde geweld.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer