Opposisie-proteste breek in Kenia uit
Die polisie in Kenia het Maandag met traangas en knuppels onder oproeriges van die opposisiepartye ingevaar toe hulle die kantoor van die verkiesingskommissie in Nairobi bestorm en aangedring het dat die kommissie ontbind.
Honderde optoggangers is deur die polisie verbied om die kantoor van die Onafhanklike Verkiesings- en Grensekommissie (IECB) binne te gaan. Sommige van die oproeriges het klippe na die polisie gegooi.
Verskeie sulke proteste het die afgelope weke in Kenia voorgekom. Optogte is ook op die dorpe Kisumu en Kisii in die suidwestelike deel van die land gehou, waar die polisie ook traangas moes gebruik om die skare uiteen te jaag.
“Die polisie gebruik onnodig baie geweld teen vreedsame optoggangers; dit kan nie geregverdig word nie,” het die voormalige eerste minister, Raila Odinga (71), gesê en gedreig om elke Maandag soortgelyke protesoptogte te hou.
Ondinga, wat nie in 2013 daarin kon slaag om tydens die presidentsverkiesing verkies te word nie, beskuldig die verkiesingskommissie van partydigheid en sê die kommissie steun pres. Uhuru Kenyatta.
Hy dring aan dat nuwe verkiesingskommissarisse vóór die verkiesing in Augustus 2017 aangestel word.
Die windskerm van Odinga se voertuig is ook tydens Maandag se geweld beskadig, maar hy het later gesê hy was nie in die voertuig toe dit gebeur het nie.
Insp.genl. Geroge Kinoti van die polisie het gerugte ontken dat die polisie op Odinga se voertuig geskiet het. Volgens hom is “net traangas” gebruik om die oproeriges uiteen te jaag en geen “lewendige ammunisie” nie.
Odinga en die burgerlike gemeenskapsgroepe beskuldig die verkiesingskommissie van verskeie “ongerymdhede” en voer aan dit het die uitslag van die verkiesing beïnvloed.
Die verkiesing het egter in teenstelling met die gewelddadige verkiesing in 2007, vreedsaam verloop.
Die verwagting is dat Odinga gereed maak om weer tydens aanstaande jaar se verkiesing teen Kenyatta (54) te staan.
Laasgenoemde het onlangs met verskeie van sy getroue partylede vergader oor die moontlikheid om die verkiesingskommissie in die aanloop na volgende jaar te herstruktureer.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie