Opposisie vrees Mugabe wil Grondwet weggooi
Onbekend of SADC-spitsberaad Zimbabwe bespreek
Die staatsmedia-rubriekskrywer Nathaniel Manheru het in ’n meningstuk die naweek geskryf dat president Robert Mugabe die Grondwet kan omverwerp en ’n noodtoestand kan verklaar.
News Day berig Mugabe se woordvoerder sit glo agter Manheru se skrywe.
Die rubriek volg op gewelddadige betogings wat die sentrale sakegebied van Harare geruk het nadat die hooggeregshof in Harare toestemming gegee het dat massabetogings teen die Zimbabwiese kiesstelsel mag voortgaan.
Die betogings is deur 18 opposisiepartye gereël, wat Morgan Tsvangirai se Movement for Democratic Change (MDC) en Zimbabwe People First insluit.
Minstens 50 mense is in die betogings beseer toe die polisie knuppels, traanrook en waterkanonne teen hulle gebruik het.
Manheru het in die stuk geskryf ’n lyn is oortree.
“Van nou af gaan dit ’n ander land wees,” het hy geskryf en bygevoeg dat die besorgde wêreld “kan gaan hang”.
“Ons het ’n land om te beskerm. En te regeer. Ná alles het ons die bodem getref. Ons kan nie val nie,” het Manheru geskryf.
Hy het ’n beroep op Mugabe gedoen om genadeloos te wees en die betogings beslissend te stop “soos wat pres. Bashar al-Assad van Sirië gedoen het”.
“Assad het beslissend inbeweeg en dit vermorsel. Assad mag dalk vrede en ontwikkeling verloor het, maar het ’n land gered,” het Manhero geskryf.
Obert Gutu, woordvoerder vir die MDC, het gesê Manheru se dreigemente dui daarop dat Mugabe se regering die Grondwet wil vernietig in ’n poging om menseregte te onderdruk.
Mugabe het Vrydag die opposisiepartye se ondersteuners teen ’n “Arabiese lente” gewaarsku.
Te midde van die onrus vergader die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se komitee vir politiek, verdediging en sekuriteitsamewerking in Swaziland.
Die vergadering is die 36ste spitsberaad vir staatshoofde vooraf wat Dinsdag begin het en vandag ten einde loop. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie