Opposisiegroepe werk saam in Suid-Soedan
Opposisiegroepe werk saam in Suid-Soedan

Opposisiegroepe werk saam in Suid-Soedan

Sewe Suid-Soedannese opposisiegroepe, insluitende dié van die rebelleleier Riek Machar, het Saterdag onderneem om saam te werk om pres. Salva Kiir se regering uit die kussings te lig te midde van 'n voortslepende burgeroorlog in dié olieproduserende land.

Van die leiers wat Saterdag se ooreenkoms onderteken het, sluit in die voormalige kabinetslede Kosti Manibe, Lam Akol en Thomas Cirillo Swaka, die weermag se voormalige logistieke hoof, wat in Februarie bedank het weens wat hy menseregtevergrype en die oorheersing van Kiir se etniese groep genoem het.

“Deur saam te werk op politieke, diplomatieke en militêre gebied, kan ons doeltreffender wees,” sê Nathaniel Oyet, 'n senior beampte in Machar se SPLA-IO-groep.

Suid-Soedan het in 2011 onafhank­likheid van Soedan gekry, maar 'n burgeroorlog het twee jaar later uitgebreek nadat Kiir, 'n etniese Dinka, sy visepresident, Machar, 'n etniese Nuer, afgedank het.

Sedertdien is 'n oorlog op grootliks etniese gronde geveg wat tot 'n hongersnood in dele van Suid-Soedan gelei het en sowat drie miljoen mense, 'n kwart van die bevolking, haweloos gelaat het.

Volgens die Verenigde Nasies kom die geweld neer op etniese suiwering wat die gevaar loop om in volksmoord te ontaard.

Saterdag se ooreenkoms is bereik terwyl krake in Kiir se koalisieregering al duideliker word. Kiir het vandeesweek sy weermaghoof, Paul Malong, afgedank, wat 'n vrees vir gewapende botsings laat ontstaan het.

Die presidensiële woordvoerder, Ateny Wek Ateny, sê die regering sal nie met die nuwe opposisiegroep samesprekings voer nie.– Reuters/Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!