Opposisieleier Tsvangirai met kanker gediagnoseer
Opposisieleier Tsvangirai met kanker gediagnoseer

Opposisieleier Tsvangirai met kanker gediagnoseer

Estelle de Bruyn
Zimbabwe se leier van die amptelike opposisie en pres. Robert Mugabe se vernaamste teenstander die afgelope 17 jaar, is met kolonkanker gediagnoseer en ontvang behandeling in naburige Suid-Afrika.
Morgan Tsvangirai, 64, wat Zimbabwe se eerste minister in ’n ongemaklike koalisie met die 92-jarige Mugabe tussen 2009 en 2013 was, sê dit is belangrik dat nasionale leiers hul gesondheidstatus bekend maak.
Mugabe ontken gereeld plaaslike mediaberigte dat hy prostaatkanker het en sê sy gereelde besoeke aan Singapoer is vir roetine mediese ondersoeke.
Tsvangirai het vrywillig bekend gemaak dat hy verlede maand ’n operasie ondergaan het en chemoterapie behandeling ontvang.
Mugabe, wat van voorneme is om weer as presidentskandidaat in die 2018-verkiesing te staan wanneer hy 94 jaar oud is, ontken steeds dat met die uitslae van vorige verkiesings gekul is. Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!