Oprah: 'Ek steek Trump nie na die kroon'
Oprah: 'Ek steek Trump nie na die kroon'

Oprah: 'Ek steek Trump nie na die kroon'

Oprah Winfrey het enige verdere bespiegeling oor ’n moontlike aanslag om die Amerikaanse presidentskap ’n nekslag toegedien en sê sy het nie enige planne om pres. Donald Trump uit te daag nie.

Winfrey het Donderdagaand (Amerikaanse tyd) op ’n gespreksprogram op televisie gesê sy gaan beslis nie vir president staan nie.

Dié mediamagnaat, wat op Jimmy Kimmel Live verskyn het, was uitdruklik in haar reaksie op Kimmel se vraag of sy ’n veldtog om die presidentskap sal loods.

“Ek is nie ’n presidentskandidaat nie,” het sy reguit in die kamera gesê. Dít terwyl die gaste in die gehoor met “nee” hulle teleurstelling getoon het.

Aanhangers van Winfrey het verlede maand op Twitter versoeke gerig dat sy in 2020 vir Trump om die Amerikaanse presidentskap moes uitdaag. Haar inspirerende toespraak op die Golden Globe se toekenningsgeleentheid het goeie aftrek gekry waarin sy haar steun toegesê het aan diegene wat seksuele wangedrag blootgelê het.

Sy het gesê dit maak haar nederig dat mense dink sy kan die land regeer en gee toe sy het die gedagte deurdink.

“Is ek veronderstel om die land te regeer? Nee, ek dink nie so nie.”

Winfrey het bekendheid verwerf as die aanbieder van ’n televisiekletsprogram vanwaar sy ’n mediasakeryk opgebou het. Sy is as iemand wat in armoede gebore is, nou een van die wêreld se rykste vroue.

Sy word al lank met die Demokratiese Party se geldinsamelings verbind.

Trump het al verskeie kere gesê hy wens hy kan Winfrey as ’n teenstander vir 2020 se presidensiële verkiesing hê.

Hy was egter nie beïndruk met haar as leier van ’n paneelbespreking waarin 14 Republikeine, Demokrate en onafhanklike kiesers van Grand Rapids die eerste jaar van Trump se presidentskap bespreek het nie.

Hy het getwiet: “Het nou gesit en kyk na ’n baie onseker Oprah Winfrey wat mense ondervra het en ek in ’n stadium baie goed geken het.

“Die vrae was partydig en skeefgetrek en die feite verkeerd. Hoop Oprah is ’n kandidaat (vir presidentskap) sodat sy ontbloot en verslaan kan word nes al die ander!”

Kimmel het haar gevra of sy dit oorweeg het om op die twiet te reageer. “Nie vir ’n sekonde nie,” was haar antwoord. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!