Oprah laat mense oor 2020-verkiesing gis
Oprah laat mense oor 2020-verkiesing gis

Oprah laat mense oor 2020-verkiesing gis

NAMPA
Oprah Winfrey se passievolle pleidooi vir ‘n “helderder môre, selfs in ons donkerste nagte” by die Golden Globe-toekennings het aktiviste van die Demokratiese Party aan die gons oor dié media-superster se moontlike deelname aan die 2020-presidentsverkiesing.
Selfs al is die kanse skraal, is so ‘n moontlikheid ‘n oomblik van hoop vir Demokrate en Amerikaners wat pres. Donald Trump se hantering van sake verag.

"Kyk, dit is belaglik, en ek verstaan dit,” sê Brad Anderson, Barack Obama se 2012-verkiesingsdirekteur in Iowa.

Hy ondersteun die idee van ‘n Winfrey-oorwinning, maar sê dit sal net ‘n verdere aanduiding wees van hoe Trump se kandidatuur politieke norme verander het.

“Die politiek is nou belaglik,” het hy gesê.

Winfrey se toespraak, nadat sy die Cecil B. DeMille-leeftydtoekenning Sondag in ontvangs geneem het, het aspekte soos haar nederige beginjare en kindertydse bewondering vir burgerregtehelde aangeraak.

Dit was egter haar sterk boodskap oor die horde vroue wat seksuele teisteraars geïdentifiseer het, en haar droom dat niemand eendag hoef te sê “ek ook” nie, wat politieke waarnemers laat dink het Winfrey is dalk net wat die Demokrate nodig het.

Winfrey het in September en Oktober in die openbaar gesê sy stel nie in die land se hoogste posisie belang nie, maar sy het wel gesê Trump se oorwinning het haar oor die vereistes van die amp laat herbesin. – Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!