Oprah nou onder rykste 500 in wêreld
Die kletskoningin Oprah Winfrey kan nóg 'n eerste agter haar naam skryf.
Sy het pas die eerste swart vrou geword wat op Bloomberg se indeks van miljardêrs ingesluit is.
Dié indeks wys wie is die 500 rykste mense in die wêreld.
Met haar fortuin wat Maandag 'n enorme US$4 miljard oorskry het, is Winfrey nommer 494 op dié indeks.
Die grootste rede hoekom Winfrey nou op die lys is, is te danke aan haar belang in Weight Watchers International.
Dié maatskappy se aandeelprys het vanjaar reeds verdubbel.
Dit beteken net dié styging het haar fortuin vanjaar reeds met 'n stewige US$427 miljoen laat styg.
Die Oprah Winfrey Show, waar sy haarself oor 25 jaar as kletskoningin gevestig het, is egter waar sy die meeste geld gemaak het.
Sy het ook haar eie kabel-TV-netwerk geskep en onlangs aangekondig sy gaan saam met Apple werk om oorspronklike programme vir dié maatskappy se stroomdiens te skep.
Daar is nou 65 vroue op die lys van rykste mense.
Luidens die indeks is die rykste persoon op aarde Jeff Bezos met 'n fortuin van sowat US$143 miljard.
Hy word gevolg deur Bill Gates (US$93,1 miljard) en Warren Buffet (US$82,3 miljard).
Die rykste vrou op dié lys is Alice Walton met 'n fortuin van (US$39,4 miljard). Walton is die dogter van Sam Walton wat Walmart geskep het.
– Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie