Opregte leiers moet gemeenskappe dien
Daure-Daman skryf:
Ek wil hierdie aan u rig, baie vriendelik en die groot massas gemeenskaplede van Uis se Daure-Daman probeer red uit die hande van die leierskap.
Die gesag dien glo vir die gemeenskap van Uis en die omgewing tot en met die sekere areas soos byvoorbeeld wyk 5 en 6 van Kunene; erken in 2014.
Geen vergaderings word belê met die gemeenskap nie.
Die vervoer wat die doel moet dien om die gemeenskap te dien, is 'n privaat voertuig.
Besoeke aan die buitewyke is iets van die verlede.
Lede van die owerheid word deur die hoof aangestel en afgedank sonder die medewete van die gemeenskap, soos byvoorbeeld sekretarisse.
Die bestuurder van die voertuig kan of nie bestuur nie, of het nie 'n rybewys nie, maar moet bestuur, soos met die geval waarin die voertuig omgegooi was sowat 10 kilometer ver op die pad tussen Uis en Khorixas. Geen klagte is ingehandig nie en die voertuig half beskadig aan die linkerkant.
Geen polisiebeampte is genader nie. Dit was in 2016.
Die tradisionele hof se lede is deur die gesag aangewys of genomineer en die volgende dag ingewy, sonder die medewete van die gemeenskap. Hulle is ook nie daarna aan die gemeenskap voorgestel nie.
Een persoon was geskors twee jaar gelede en is vanjaar weer aangestel sonder die samewerking van die gemeenskap.
Ons weet nie of daar wetgewing is in die tradisionele gewoontereg wat behels die posisie van 'n visehoof nie, maar die persoon met die titel is aangestel, glo omdat die hoofman oud en sieklik is.
Dit is buite die wetgewing, want hy was 'n ou, afgetrede polisieman wat weet wat die “wetgewing” sê.
Miskien is dit dat hy ook “power hungry” is?
Op die 17de Desember 2016 was daar 'n vergadering byeengeroep, met die doel om die visehoof aan die massas voor te stel. Die opkoms by die vergadering was ses (6) mense uit die gemeenskap wat dit bygewoon het. Hoeveel is ons dan in Uis dat 'n vergadering moet voortgaan met ses mense? En die besluit is geneem.
Hierdie persoon moet glo sy raadslede aanstel. Die vraag is, as wie? Hy is die een wat duidelik die wetgewing ken.
Nou met die Haramee-projek, waar is ons as alles deur een persoon besluit moet word?
Ons verstaan dat die doel van die tradisionele owerhede is om die gemeenskap te dien, om daardeur eenheid, respek, ensovoorts te bewerkstellig, maar as hulle enige vergadering byeenroep, daag daar niemand op nie as gevolg van wanvertroue in die leiers vanaf, wat al duur vanaf 2014. Wat van 2030?
Ons glo dat hierdie owerhede baie moet bydra tot opvoeding, die stryd teen AIDS en veediefstal, hulle moet werksgeleenthede skep en baie meer om ons land in die regte rigting te lei en om die landswette te volg. Dit moet nie op ander afgedwing word nie.
Die land is in 1990 bevry en ons staan in 'n vrye Republiek van Namibië, 'n demokratiese land waar daar 'n Grondwet is om vir iemand te stem, en hulle nie te nomineer nie. Die gemeenskap moet die besluit neem wie hulle kies. Iemand mag nie vir hulle kies nie.
Die versoek is dat die hoof uitvoerende gesag van die tradisionele owerheid saam met die kantoor van die Ombudsman hierdie saak moet ondersoek, want dit gaan erg om in 'n demokratiese land so te lewe. Ons het opregte leiers in ons Namibië nodig om by te dra tot die land se vooruitgang.
Eenheid, lojaliteit en eerlikheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie