Oproer lê invoere lam
Verbruikers in Namibië moet hulle gereed maak vir tekorte wat weens die geweldpleging in Suid-Afrika kan ontstaan, waarsku die hoof van 'n vervoerreus in die land.
Ronelle Rademeyer – Vervoermaatskappye in Namibië het reeds inkomsteverliese van miljoene Namibiese dollar gely as gevolg van die geweldpleging in KwaZulu-Natal en Gauteng omdat hulle nie verspreidingsentrums kan bereik om vrag te laai nie.
“Verbruikers hier in Namibië gaan dit voel, want ons kan nie uitkom by die plekke waar ons moet vragte laai nie. Ons trek al by Dinsdag en ons lorries staan. Hoewel daar gelukkig nie van ons lorries aan die brand gesteek is nie, ly ons groot verliese.”
Só het mnr. Stephan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, aan Republikein gesê.
“Ons laai baie vrag in Durban op en nou kan ons nie daar kom nie. Dit sal tot tekorte in produkte op winkelrakke lei.”
Onluste het verlede week in KwaZulu-Natal uitgebreek kort ná oudpresident Jacob Zuma se inhegtenisneming. Die onluste het teen Sondag na Gauteng uitgebrei.
Dele van die N3-snelweg tussen Durban en Johannesburg is gesluit.
Netwerk24 berig KwaZulu-Natal het teen gisteroggend na raming reeds meer as R1 miljard se skade weens onluste in dié provinsie gely. Duisende winkels is geplunder.
Minstens 26 mense is in KwaZulu-Natal in die onluste dood, terwyl tien gesterf het tydens ’n stormloop in Soweto by Johannesburg.
Pres. Cyril Ramaphosa het die weermag en polisie opdrag gegee om wet en orde te herstel.
Terblanche wys daarop dat selfs al word die onluste beëindig, moet al die supermarkte en ander winkels wat geplunder en beskadig is, herstel en eers van nuuts af bevoorraad word.
“In KwaZulu-Natal is sowat 500 supermarkte geplunder. Dit is verskriklik baie rakke om weer te vul.”
Hy sê hy voorsien daar gaan tekorte aan verbruikersitems soos voedsel, farmaseutiese produkte, klerasie en ander goedere ontstaan.
“Dat ons hieronder gaan ly en sekere goed nie in die hande gaan kry nie, is verseker. Verbruikers sal dalk vir twee weke of ’n maand moet wag vir sekere goed,” meen hy.
Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van AgriSA, het gister in ’n video-onderhoud op Republikein se aanlyn landbouprogram, Agri Monitor, gesê dié landbouvereniging vrees voedselsekuriteit gaan in die gedrang kom.
AgriSA het Ramaphosa in die lig hiervan gevra om ’n noodtoestand in KwaZulu-Natal af te kondig. Die Suid-Afrikaanse president het ontvangs van die skrywe erken, maar het nog nie op die versoek gereageer nie.
Volgens Van der Rheede is suikerrietplantasies in die provinsie aan die brand gesteek en diere wat by veilings aangebied is, is gesteel.
FOTO’s
Lede van die Suid-Afrikaanse weermag patrolleer gister die gebied om Diepkloof Square in Soweto waar winkels geplunder is. Foto Nampa/AFP
Die geweldpleging en plundery het die naweek in KwaZulu-Natal uitgebreek en na Gauteng uitgekring. Foto Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie