Oproer oor hond se wrede dood
Skok en afsku is op sosiale media uitgespreek oor 'n grusame video van dieremishandeling wat versprei is.
Otis Finck op Walvisbaai - Drie mans wat verlede Vrydagaand 'n hond op 'n wrede manier op Walvisbaai in die openbaar met 'n graaf, 'n byl en 'n klip aangeval het, het hewige debat ontlok.
Tango, 'n bulterriër, moes ná die gewelddadige aanval van kant gemaak word. Foto's van die bloeiende en erg beseerde hond wat op sosiale media gedeel is, het openbare verset veroorsaak met baie wat die barbaarse voorval veroordeel het.
'n Saak van dieremishandeling is aanhangig gemaak en een van die oortreders het skuld erken en moes Dinsdag 'n boete van N$1 000 betaal.
Adj.komm. Erastus Ikuyu, die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, sê hy is bewus van die voorval en het bevestig dat die skuldige party 'n boete van N$1 000 betaal het.
'n Ontstelde me. Diane Le Roux meen die boete is nie geskik vir so 'n barbaarse aanval wat gelei het tot die dood van haar seun se hond nie.
Mnr. Alfred Schmidt, van die Dierebeskermingsvereniging (SPCA) op Walvisbaai, stem saam met Le Roux: "Die boete van N$1 000 is nie 'n geskikte afskrikmiddel nie. Hoe word toegelaat dat iemand wat tot sulke wreedheid in staat is, net wegloop? Die skuldige moes ten minste 'n boete van N$4 000 betaal, en die wet maak ook vir opgeskorte tronkstraf voorsiening.”
Schmidt bevraagteken ook waarom die saak nie in 'n hof voor 'n landdros aangehoor is nie.
Hy het bevestig die voorval is verfilm. Die ander hond, Bullet, wat in 'n geveg betrokke was wat tot Tango se dood gelei het, is uit die sorg van sy eienaars geneem en word by die DBV aangehou.
'n Ontstelde Le Roux het gesê Tango het by haar erf in Hermis uitgekom toe bouers vergeet het om die hek toe te maak.
“'n Man het Tango in Theo Ben Gurirabstraat gesien en hom glo vir N$100 aan twee seuns verkoop. Die seuns het na 'n huis in Hage Geingobstraat gegaan en toe hulle by die erf ingaan, het 'n ander hond vir Tango aangeval.”
Le Roux sê vroue het probeer om die twee bakleiende honde uitmekaar te kry.
"Twee mans het glo daar aangekom en vir Tango aanhoudend begin slaan. Een het 'n mes uitgehaal om Tango keelaf te sny."
Mense wat die toneel aanskou het, het die DBV gebel wat die erg beseerde Tango verwyder het.
'n Veearts het later bevestig Tango het beserings aan sy rug gehad en sy kakebeen was heeltemal vergruis. Die hond was glo in erge pyn.
Volgens Le Roux moes die proses om 'n saak aanhangig te maak, herhaal word nadat die aanvanklike dossier Maandag verdwyn het. Die inhoud is glo die volgende dag gevind.
Iikuyu het ontken dat die dossier ooit verdwyn het.
Le Roux beweer een van die skuldiges is die seun van 'n polisiebeampte en daar is probeer om die saak toe te smeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie