Oproer oor olifantjag
Francoise Steynberg – 'n Storm het weer op sosiale media losgebars toe 'n olifantbul Saterdag naby Waterberg gejag is nadat dit as probleemdier deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme verklaar is.
Die professionele jagter Jofie Lamprecht is op sosiale media valslik daarvan beskuldig dat hy die jagtog waargeneem het en moes daarna vure doodslaan deur 'n mediaverklaring uit te reik.
“Ek ontken dat ek die probleemolifant Saterdag gejag het. Hoewel ek deel van die fasiliteringsproses was, was ek slegs administratief betrokke,” het Lamprecht gesê.
Volgens 'n verklaring van die ministerie het die olifant met 'n buiteband om sy regtervoorpoot amok op plase tussen Otjiwarongo en Otavi gemaak.
“Beamptes het die olifant vir die afgelope twee weke gemonitor, waar hy verlede Woensdag die Waterberg-platopark binnegegaan en skade aan die heining berokken het,” het die ministeriële woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, gesê.
“Die ministerie het die heining herstel, maar die olifant het ook skade aangerig aan heinings op plase waardeur hy geloop het.”
Vanweë die sowat duisend buffels en ander waardevolle wildspesies in dié park, het die ministerie besluit om die olifant van kant te maak “weens sy voortdurende teenwoordigheid in en rondom die park”.
Muyunda sê die risiko van 'n stukkende heining is dat die buffels kon ontsnap, wat kan meebring dat 'n bewegingsverbod op vee ingestel word.
Lamprecht sê op sy beurt die “siektevrye” buffels kon deur beeste met bek-en-klouseer besmet word.
Lamprecht het bevestig die bul was nie met 'n nekband toegerus nie en absesse het reeds aan sy poot met die buiteband gevorm.
“Verskeie mense meen die buiteband sou nie vanself kon afkom nie. Hy sou teen groot koste verdoof moes word om die buiteband te verwyder,” verduidelik Lamprecht.
“Hierdie poot het erge pyn vir die olifant veroorsaak en hy sou 'n aaklige, uitgerekte lydingsdood gesterf het.”
Lamprecht bevestig dat die olifant eties onder leiding van 'n Namibies geregistreerde professionele grootwildjagter van 'n ander maatskappy, met sy internasionale kliënt gejag is.
“'n Totaal van N$127 500 is uit die olifantjag verkry waarvan N$20 000 aan die ministerie se Wildprodukte-trustfonds gaan en N$107 500 aan die Platveld Boerevereniging vir skade wat deur die olifant aangerig is.”
Volgens Lamprecht sal die geld deur 'n regsverteenwoordiger se trustfondsrekening hanteer word en volle verrekening kan daarvoor gegee word.
Muyunda sê dit hou vir die ministerie geen plesier in om enige dier as 'n probleemdier te verklaar nie en “die besluit is ook nie weens finansiële redes geneem nie”.
Hy sê daar is nog twee olifante in kommersiële boerderygebiede tussen Otavi en Grootfontein wat grootskaalse skade aangerig het.
“Die ministerie monitor die situasie en kyk na die moontlikheid om hulle te vang en na 'n nasionale park of ander geskikte habitat te verskuif waar hulle nie konflik met mense sal veroorsaak nie,” het die woordvoerder gesê.
“Die ministerie vermoed die drie olifante kom van die Grootfontein/Mangetti-plaasgebiede, die Tsumkwe-distrik of die Khaudum Nasionale Park.”
Intussen het anti-jagters gister steeds vergeefs probeer om die grootpoot se lewe te red deur vyf keer meer as die jagprys aan te bied, maar die spreekwoordelike koeël was reeds deur die kerk.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie