Oproer oor veiling van renosterhorings
Verskeie bewaringsorganisasies het heftig op die Suid-Afrikaanse renosterboer John Hume se aanlynveilig gereageer.
John Hume se aanlynveiling van sy 500 kg opgepotte renosterhoring is Maandag ter elfder ure uitgestel tot vandag om 14:00 en sal glo nou tot Vrydag duur.
Die veiling sou Maandag om 12:00 begin, maar weens die feit dat Hume se verkooppermit “eers Maandagoggend” uitgereik is, moes die veiling uitgestel word, het Rumandi Abrie van Vans Afslaers, wat die veiling behartig, gesê.
Geen permitte vir die “sowat 30 voornemende kopers” is egter nog uitgereik nie. Dit is 'n voorvereiste dat kopers in besit van 'n kooppermit is voordat hulle op die horings kan bie.
Hume het Sondag 'n oorwinning in die hooggeregshof in Pretoria behaal. Regter Neil Tuchten het toe beslis Edna Molewa, minister van omgewingsake, moet aan hom sy verkooppermit gee omdat Olga Kumalo, direkteur van bedreigde en beskermde spesies in die departement, dit reeds op 10 Augustus aan hom belowe het. Hierna het Molewa glo geweier om die permit te onderteken. Sy het egter nooit redes gegee vir haar weiering nie.
Die departement het Maandag in 'n verklaring gesê hy neem kennis van die uitspraak en het die permit aan Hume oorhandig.
STRENG VEREISTES VIR PERMIT
Die permit stel egter baie streng vereistes aan Hume, het Moses Rannditsheni, woordvoerder van die departement, gesê. Die departement moet toegang kry tot die aanlynveiling sodat monitering kan plaasvind.
Geen renosterhoring mag die land verlaat nie, het Rannditsheni gesê.
REAKSIE
Save our Rhino (SoR), 'n internasionale bewaringsorganisasie, het in reaksie gesê die saak wat die departement Sondag in die hof gestel het, was vol gebreke.
“'n Permit kon nie uitgereik word nie, omdat die departement se sake nie in orde is nie. Geen wetgewing oor die regulering in die binnelandse handel in renosterhoring is nog in plek nie. Hoe op aarde kon 'n verkooppermit uitgereik word?” Die organisasie meen iemand in die departement se kop moet rol.
“Die minister is uiters onbekwaam en bekend daarvoor dat sy swak besluite neem en dat dit nie in die beste belang van die omgewing geskied nie,” het die SoR gesê.
Die nie-regeringsorganisasie Oscap (Outraged South African Citizens Against Poaching) het gesê dit is duidelik die departement neem nie sy verantwoordelikheid ernstig op nie en is 'n verduideliking aan die burgerlike gemeenskap verskuldig.
Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) het in 'n verklaring gesê dié bewaringsorganisasie sal Hume se veiling met “ontsteltenis” dophou.
Hume het hierdie saak, soos verskeie voriges teen Molewa, op 'n tegniese punt gewen en die bewaringsmotief is nie in ag geneem nie.
Die EWT wys daarop dat die webwerf waarop Hume sy veiling geadverteer het, reeds onder kuberkrakers, wat hulself “Anonymous” noem, deurgeloop het.
Die EWT is baie bekommerd oor die gevolge van die voorgenome veiling omdat die renosterhoring maklik op die swartmark kan beland.
Hierdie veiling kan Suid-Afrika se beeld ernstige skade aandoen en kan renosters laat uitsterf omdat die vraag na hul horings kan toeneem.
Die EWT meen ook nie die departement sal hierdie veiling en die verkoop van die renosterhoring kan monitor nie en dat dit korrupsie kan aanblaas.
Izak du Toit, Hume se regsverteenwoordiger, weier om kommentaar te lewer.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie