Opsigter ontken klagte van molestering
’n Voormalige opsigter van die koshuis by Laerskool Karunda op Otjiwarongo ontken hy het 10 seuns in die koshuis oor ’n tydperk van drie jaar verkrag.
Mnr. Mervin Nguyapeua het onskuldig op 32 klagte van verkragting en 27 alternatiewe klagte van seksuele dade met 10 seuns jonger as 16 jaar vanaf 2013 tot 2015 gepleit toe hy as opsigter by die koshuis in diens was.
Die 48-jarige voormalige opsigter se verhoor het in die hoërhof voor regter Alfred Siboleka afgeskop. Nguyapeua word deur die staatsgefinansierde prokureur, mnr. Milton Engelbrecht, verteenwoordig.
Nguyapeua se pleit plaas die onus op die staat om te bewys hy is skuldig op die klagte.
’n Onderwyser en staatsgetuie, me. Anna Amalama Timoteus, het in haar getuienis volledige inligting verskaf oor die seuns wat haar genader het oor Nguyapeua se optrede teenoor hulle.
’n Saak van molestering is in Maart 2016 by die polisiekantoor op Otjiwarongo teen Nguyapeua geopen en hy is kort daarna in hegtenis geneem.
Volgens die klagstaat het hy hom aan die beweerde oortredings skuldig gemaak, terwyl hy in die koshuis gebly het. Hy is deur koshuisleerlinge as ’n vaderfiguur beskou.
Nguyapeua bly in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis.
Hy word hier aangehou sedert sy inhegtenisname sonder die opsie om vir borgtog aansoek te doen. Staatsaanklaer Seredine Jacobs verskyn vir die staat. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie