Opskorting van nie-noodsaaklike reise u2018strengu2019 toegepas
Opskorting van nie-noodsaaklike reise u2018strengu2019 toegepas

Opskorting van nie-noodsaaklike reise ‘streng’ toegepas

Die regering wil mense ontmoedig om te reis, maar uitsonderings sal geld.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die opskorting van nie-noodsaaklike reise sal van vandag by alle grensposte streng afgedwing word, sê die uitvoerende direkteur van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Ettienne Maritz.

Dit volg nadat president Hage Geingob in die lig van Covid-19 ‘n noodtoestand in die land afgekondig het. Hy het beklemtoon die noodtoestand is die enigste manier om mense se reg op vryheid van beweging te beperk.

Maritz het dit beaam en gesê die regering wil “mense ontmoedig” om te reis en dit is ‘n manier om “mense veilig te hou”.

Volgens die kabinetsbesluite is alle reise vir plesier, besigheid en sosiale redes opgeskort.

Namibiërs wat elders woon en Namibië wil besoek, word daarom aangemoedig om dié reise uit te stel.

Volgens Maritz is mense nog gister by grensposte onderweg na Suid-Afrika toegelaat om met hul reis na die buurland voort te gaan, maar sal die kabinetsbesluit van vandag “streng” geïmplementeer word.

Uitsonderings sal geld vir mense wat mediese hulp benodig of noodsaaklike dienste, soos humanitêre bystand, trokdrywers wat kos en ander benodighede bring en Namibiërs wat terugkeer.

Hiervoor het hulle ‘n voorgeskrewe vorm van die ministerie van binnelandse sake en in die geval van mediese nood ook toestemming van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste nodig, sê Maritz.

Namibiërs of houers van permanente verblyf wat van hoërisikolande terugkeer, sal aan selfkwarantyn onderwerp word.

Verpligte skandering en kwarantyn, waar nodig, sal geskied.

Deel van die kabinetsbesluite wat betrekking op reis het, sluit ook die opskorting van die uitreik van visums by aankoms by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en die inwerkstelling van ’n reisverbod op buitelandse burgers (deur lug of see) van geraakte lande, naamlik die Schengen-state, China, Iran, Korea, die Verenigde Koninkryk (VK), die Verenigde State van Amerika (VSA) en Japan.

Dié verbod sal gereeld hersien word.

Verskeie trokdrywers en reisigers wat Woensdag die land via Ariamsvlei wou binnekom, het op sosiale media gal gebraak oor die feit dat hulle toegang tot die land geweier is.

Dieselfde het glo op Skilpadnek by Zeerust gebeur.

Volgens Maritz is almal egter later deurgelaat en was dit die gevolg van kommunikasie oor die voorgestelde verbod wat nie alle personeel bereik het nie.

Tydens sy onderhoud met Republikein het Maritz die versekering gegee almal is toe wel deurgelaat en daar was geen opeenhopings nie. Hy het ook ‘n video aangestuur wat dit bevestig het. Hy kon egter nie reageer oor die grenspos by Skildpadnek wat glo nie mense wou deurlaat nie.

“Die pos is deur Suid-Afrika gesluit en dit is iets waaraan ons niks kan doen nie.”

Geen probleme is by die Oshikango-grenspos in die Noorde aangemeld nie en mense is toegelaat om die land binne te kom of te verlaat. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!