Opspoorstelsel vir wildprodukte op lughawens
Opspoorstelsel vir wildprodukte op lughawens

Opspoorstelsel vir wildprodukte op lughawens

Voorkom smokkel van bedreigde spesies
Francoise Steynberg
Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) het ''n instrument vir ''n wildprodukte-opspoorstelsel op lughawens bekend gestel om die smokkel van bedreigde spesies te help voorkom.

Dit is ook vir Namibië ’n belangrike stap aangesien die land die afgelope paar jare ál feller deur renoster- en olifantstropers geteiken word.

Dié instrument is in vennootskap met die Wêreld Doeane-organisasie (WCO) met die steun van die USAID Routes-vennootskap ontwikkel. Dit sal in November vir die eerste keer by die Internasionale Lughawe Maputo gebruik word en wêreldwyd volgende jaar.

Volgens ''''n verklaring van Iata sal die instrument lughawens help met hul sekuriteit, intelligensie en risikobestuur, personeelbewustheid, verslagprosesse tesame met die beleid en prosedures vir lugvrag- en passasierskandering.

"Die onwettige handel in wildprodukte, wat vele ikoniese en bedreigde spesies insluit, is ''n kwessie waaroor die lugvaartbedryf baie ernstig is. Dit sal ''n spanpoging wees om hierdie betreurenswaardige handel te beveg," het die direkteur-generaal en uitvoerende hoof van Iata, Alexandre de Juniac, gesê.

"Ons werk nóú saam met USAID Routes, WCO, Cites en ander organisasies om die wêreld ''n moeiliker plek vir wildmisdadigers te maak. Ons gemeenskaplike doel is om ons waardevolle wilderfenis vir toekomstige geslagte te bewaar."

Die sekretaris-generaal van die WCO, Kunio Mikuriya, sê rolspelers in die lugvervoerbedryf kan die oë en ore van wetstoepassers wees, asook waardevolle vennote om onwettige wildhandel uit te wis.

"Die instrument sal hulle in staat stel om hul swakpunte in prosedure en praktyke wat dikwels deur onwettige wildhandelaars uitgebuit word, te versterk."

Die bekendstelling van die instrument is aan regerings tydens die konferensie oor onwettige wildhandel in Hanoi, Viëtnam, aangekondig om maniere te bespreek om onwettige handel in wildprodukte uit te wis. Die instrument is die nuutste ontwikkeling in die lugvaartbedryf se pogings oor hierdie kwessie.

Vroeër vanjaar het 26 lugrederye die Buckingham-paleis-deklarasie onderteken om ’n verenigde taakspan teen die vervoer van gesmokkelde wildlewe en -produkte op die been te bring. Altesaam 264 lugrederye is lid van Iata, waaronder Air Namibia.

Nuwe tegnologie soos e-dokumentasie, aanlyn inboek- en geoutomatiseerde bagasie inboek-stelsels kan ook ''n rol speel. Juniac sê hierdie tegnolgie kan regeringsowerhede help om akkurate risikobestuur van reisigers en lugvervoer te skep.

"Of dit terrorisme beveg, onwettige dwelmhandel stop of ''n einde aan onwettige handel in wildprodukte maak, regerings moet inligting tussen hulle en die lugvaartbedryf deel. Ons het ''n gesamentlike doelwit en moet saam werk om dit te bereik," het Juniac gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!