Opstoppers vir Geingob en Swapo
Die Verkiesingskommissie (ECN) het eers ná 21:00 gisteraand finale uitslae vir 2019 se algemene verkiesings aankondig, ondanks ‘n belofte dat dit reeds Vrydag sou gebeur het.
‘n Wegswaaistem vanaf Swapo en ‘n groot wantrouestem in die regerende party se presidensiële kandidaat, dr. Hage Geingob, maak vanjaar se verkiesings geskiedkundig.
Swapo het ná ‘n kwarteeu waarin die party meer as 70% van stemme ontvang het nou sy tweederdemeerderheid in die Nasionale Vergadering verloor. Die party sal 14 setels inboet.
Was dit nie vir Swapo, en as gevolg daarvan, Geingob se ondersteuning in tradisionele magsbassise van die voormalige bevrydingsbeweging nie, kon sake erger vir die regering gelyk het.
Swapo en Geingob se rekordvertonings in 2014 is noemenswaardig uitgekalwer deur stemme ten gunste van die omstrede, onafhanklike “Swapo”-kandidaat, dr. Panduleni Itula, die Swapo-wegbreekparty Landless People’s Movement (LPM), asook tradisionele en reeds bestaande opposisiepartye.
Die Popular Democratic Movement (PDM, voorheen DTA) het sy aantal stemme byna verdrievoudig en bly die amptelike opposisie.
In die //Kharas-, Hardap-, Erongo- en Khomasstreke het die opposisie nou gesamentlik meer stemme as Swapo. In 2014 was net die Kunenestreek in die kategorie – en hier het Swapo weer op sy baadjie gekry.
Alle persentasies onder is afgerond.
OPSOMMING VAN DIE FEITE
Laagste stempersentasie ooit – 60.6%
Geingob is Swapo se eerste presidensiële kandidaat wat minder stemme as sy party kry – 56,8% (minus 30%)
Swapo laagste NV-stem sedert 1994: 65.2% (minus 15%)
Rekordstem vir ‘n opponerende presidensiële kandidaat: 29,4% Panduleni Itula (die vorige rekord was in 1994 toe daar net 2 kandidate was en die DTA se Mishake Muyongo 24% van stemme ontvang het).
Kiesafdelings verower deur opposisie: 12 (+7)
Kiesafdelings waarin die opposisie gesamentlik meer stemme as Swapo het: 17 (+12)
Streke waarin die opposisie nou gesamentlik meer stemme as Swapo het: Hardap, //Kharas, Erongo, Khomas, Kunene (was 1/14 nou 5/14)
SETELS IN DIE NV
Swapo 63
PDM 16
LPM 4
APP 2
NEFF 2
Nudo 2
RP 2
UDF 2
CDV 1
RDP 1
Swanu 1

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie