Optimisme, al begin reënseisoen traag
Reën in Oktober het hoofsaaklik oor die Zambezi-, Ohangwena-, Oshikoto-, Otjozondjupastreek en die grens tussen Omaheke- en die Khomasstreek voorgekom.
Elvira Hattingh – Alhoewel amptelike syfers vir Oktober aandui dat die reënseisoen uitsonderlik traag begin het, voorspel die Namibië Meteorologiese Diens steeds goeie reëns in Desember tot Februarie.
Oktober se reën was ver ondergemiddeld oor die grootste dele van die land en het ook nie wydverspreid voorgekom nie. Die grootste enkele bui reën in die maand was 16,3 mm by die Huttenhof-weerstasie in die Otjozondjupastreek, sê die meteorologiese diens in 'n verslag.
Hulle gee egter gelyk dat reën in dié eerste maand van die nuwe reënseisoen hoofsaaklik oor die Zambezi-, Ohangwena-, Oshikoto-, Otjozondjupastreek en die grens tussen Omaheke- en die Khomasstreek voorgekom het.
Tog is plaaslike voorspellers optimisties in 'n opgedateerde seisoenale vooruitskouing wat Dinsdag uitgereik is. Hiervolgens behoort normale tot bonormale reën oor groot dele van die land in die volgende drie maande voor te kom.
Daar sal egter ook gebiede in die Weste wees waar reën na verwagting normaal tot ondernormaal sal wees, sê die meteorologiese diens.
Die prentjie lyk ietwat anders as in hul vooruitskouing van September, met geen streke waarvoor daar nou slegs ondernormale of bonormale reën voorspel word nie. Tog het die gebied in die Weste, wat na verwagting nou normale tot ondernormale reën kan ontvang, vergroot.
OPTIMISME
Die meteorologiese diens sê 'n 80% kans bestaan dat La Niña-toestande vanaf November tot Februarie sal voortduur, terwyl dit na meer neutrale vlakke teen die einde van ons reënseisoen sal beweeg. Daar word ook gesê La Niña-toestande word met verbeterde reënneerslae oor Namibië vereenselwig.
Die Indiese Oseaan-dipool (IOD) is tans neutraal en sal na verwagting nog tydens November na 'n meer negatiewe fase beweeg. Mnr. Johan van den Berg, 'n landbouweerkundige-konsultant, het gister bevestig dat die negatiewe fase, oftewel die sogenaamde “koeler fase” van die IOD positief is vir reën in Namibië.
Van den Berg het verlede maand aan Republikein gesê die kanse dat minstens gemiddelde reën vanaf November, maar veral tussen Desember tot Maart val, staan op tussen 70% en 80%.
“Dit lyk of ons die einde van 'n droë periode vir Namibië bereik het,” het hy gesê.
“Die atmosfeer, of natuur, handhaaf siklusse. Ons verkeer reeds sedert 2012 in 'n droë siklus. Iewers moet dit weer na 'n 'natter siklus' draai.
“Die kanse is goed dat dié ommeswaai vanjaar gaan gebeur, veral as 'n mens na die opstelling van die Indiese Oseaan, asook die gepaardgaande La Niña-verskynsel kyk. Die geskiedenis leer ons dat La Niña gewoonlik 'n baie positiewe uitwerking op ons somerreënval het,” het Van den Berg gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie