Optimisme oor TFG
Optimisme oor TFG

Optimisme oor TFG

Frans de Klerk en Christelle de Klerk – TFG (The Foschini Group) is een van die voorste onafhanklike kettingwinkelgroepe in Suid-Afrika met ’n portefeulje van 29 toonaangewende modehandelsname wat klere, juweliersware, selfone, skoonheidsmiddels, sportklere en -toerusting, huisware en meubels insluit.

Luidens sy jongste handelsopdatering, vir die nege maande tot einde Desember 2019, het rekordverkope op Swart Vrydag gehelp het om die negatiewe impak van beurtkrag in Desember te negeer.

Die gekonsolideerde omset het met 5,9% gegroei. TFG Londen se omset het met 1,1% gedaal en TFG Australië se omset het met 11,4% gegroei.

Die kommoditeitskanaalindeks het die -100-vlak verander in steun, wat as positief beskou word. Dit impliseer optimisme oor ’n moontlike ommeswaai na hoër vlakke.

Die kommoditeitskanaalindeks is in die laat 1980’s ontwikkel.

Hierdie aanwyser kan met enige genoteerde instrument gebruik word en nie net kommoditeite nie.

Dit wys op oorgekoopte en oorverkoopte vlakke deur die korrelasie tussen prys en ’n bewegende gemiddelde te bereken, en meer spesifiek die afwyking van die gemiddelde af.

Hoë positiewe lesings dui aan dat die prys goed bo sy gemiddelde is, wat sterkte beklemtoon.

Lae negatiewe lesings dui aan dat pryse laer is as hul gemiddelde, wat swakheid bevestig.

’n Breek bo die -100-lyn kan ’n lopie inlui en ’n breek onder die +100-lyn ’n daaltendens.

’n Moontlike dubbellaagte (positief) sal bo lyn A (R141,99) bevestig word. Onder R135,06 kan ons aanvaar dat die momentum na onder sal voortduur.

Die 40-dae- bewegende gemiddelde (R147,42) is ’n sterk weerstandsvlak wat oorkom moet word om te toon dat die sentiment op mediumtermyn positief sal word.

’n Dalende wig (moontlik positief) sal eers bo lyn B (R150,05) bevestig word.

· Die mikpunt van die formasie is R172,80, indien dit sou uitspeel. Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R141,99), maar gebruik R133,65 as keerverlies om kapitaal te beskerm.

· Die moontlike teikens na bo is R144,60, R146,15, R147,42, R148,70, R150,56 en R152,10. Medium- tot langtermynbeleggers: Die langtermyn-sentiment jeens die aandeel sal in positief verander wanneer die 40-weke- bewegende gemiddelde (R162,32) in steun verander. ) Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!