Optoggangers steun Swartbooi, soek grond
'n Groot getal optoggangers is voor die ministerie van grondhervorming saamgetrek en dring daarop aan om die minister, mnr. Utoni Nujoma, of sy nuwe adjunk, me. Priscilla Boois, te sien.
Dié groep woedende optoggangers steun die voormalige adjunkminister, mnr. Bernardus Swartbooi, en sê sy uitsprake oor grondhervestiging is waar. Met plakkate soos "I will not resign - truth is truth", dring hulle daarop aan dat dié ministerie se minister of adjunk self die versoekskrif met hul griewe in ontvangs neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie