Optrede in Bethlehem word loflied vir Ena Venter
Des Erasmus - Op Oukersaand in Israel se Bethlehem klink weer ’n Kerslied op, want Ena Venter, ’n Namibiër, is dood.
Ná ’n siekbed van langer as vier jaar het die dood Vrydag in Walvisbaai se Welwitschia-hospitaal ingetree, twee dae ná haar 84ste verjaarsdag.
Juis Israel, ja, want dit was een van die grootste mylpale in die roemryke vrou se loopbaan. Sy was die koorleidster van die Windhoek Jeugkoor op ’n verhoogtoer deur Israel.
’n Bewonderaar was Israel se eertydse minister van toerisme. Juis hy het die opdrag gegee dat die “engele” van Namibië op Oukersaand in Bethlehem, wonderstad van die Christendom, moet optree.
In Ena Venter se latere jare van koortriomf was sy die stigter van die Mascato-jeugkoor en Mascato-sangers langs die sentrale kus.
Toe siekte haar van die verhoog gedwing het, is die Ena Venter Koortrust gestig om as dakorganisasie vir die koorerflating van die merkwaardige en nederige vrou te dien.
In die laaste maande voor haar dood is sy op Walvisbaai in His House versorg voordat sy in haar laaste dae na die Welwitschia-hospitaal oorgeplaas is.
Ena Venter het haar loopbaan as ’n laerskoolonderwyser by die Primêre Skool Suiderhof in Windhoek begin. Daarna het haar rol as lektor en departementshoof by die kunstekollege, Cota, gevolg en daar was ook die tydperk toe sy ’n musiekonderwyseres en departementshoof by Windhoek Hoërskool was. Sy het tot by matriek onderwys gegee en terselfdertyd as dirigent van die koor van Windhoek Hoërskool opgetree. Die skoolkoor het Namibië oor ’n tydperk van jare by geleenthede in Suid-Afrika verteenwoordig.
Selfs in haar skooljare en voor haar beroepslewe het Ena Venter ’n besondere belangstelling in koormusiek getoon. Dit het van haar ’n student van koortegnieke en koormusiek gemaak wat daartoe gelei het dat sy internasionale byeenkomste ter skoling bygewoon het. Dit het weer gelei tot haar status van ’n stigterslid van die Suider-Afrikaanse Koorgemeenskap.
In 1996 was sy ’n stigterslid van die kusdorpe se Mascato’s. Sy het toe reeds afgetree, maar het met lewenskragtigheid aan die uiteindelik internasionale aansien van die Mascato’s gebou. Uiteindelik was die Mascato’s ’n kosbare kulturele uitvoerproduk van Namibië. Die koor se optredes verteenwoordig die volle verskeidenheid van Afrika met ’n verskil in herkoms, maar ’n eenheid in musiek.
Op uitnodiging het die Mascato’s voor besoekende staatshoofde, die bekleërs van waardigheid uit baie lande en sommer gewone toeriste opgetree.
Van 1996 tot 2010 het die Mascato’s met kore van meer as vyftig lande saamgewerk, waaronder die sanggroepe van Suid-Afrika, Engeland, Duitsland, Frankryk, Kanada en ook die kore van die Jayle-universiteit en Gee Club Choir in Amerika.
Teen druktyd was die reëlings vir die laaste eer aan Ena Venter nog nie bekend nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie