Optrede teen onbevoegdheid broodnodig
J A ROSSOUW SKRYF:
Die feit dat die president teen ‘n adjunkminister opgetree het omdat hy dit nodig geag het, het baie negatiewe kommentaar in die koerante en sosiale media uitgelok.
Ek sien dit as iets positiefs. Ons sukkel met ministers, politici, senior staatsamptenare en selfs junior amptenare op voetsoolvlak. Die gebrek aan dienslewering kan nie langer geduld word nie. Die koerante is vol daarvan, maar steeds kom hulle met moord weg.
In Republikein van 20 November 2014 was daar ’n berig getiteld “Epupa-inwoners van droogtehulp uitgesluit. Regering stel slegs in stemme belang.”
KIESERS HONGER
Dit gaan voort met: “Terwyl politici besig is om hul politieke veldtogte af te sluit is daar kiesers wat byna van honger omkom. Was dit nie vir kiesersonderrig nie, kon meer as 100 huishoudings weens honger gesterf het. Volgens mnr Santos Muhenje van die Verkiesingskommissie op Opuwo het hy na huishoudings in die Epupa-kiesafdeling gegaan om hulle oor die elektroniese stemmasjiene in te lig. Dit sluit mense in Okakora, Onyezu, Otjimborombonga, Orokawe en Orovihe in. Tot sy verbasing het die kiesers gekla dat hulle honger is en nie kan konsentreer nie. ‘Ek kon die honger op hulle gesigte sien,’ het Muhenje gesê. Volgens hom is dít die mense wat groter prioriteit as ander inwoners moet geniet. Met sy terugkoms op Opuwo het hy glo vir mnr Jafta Itenge in die kantoor van die eerste minister oor die situasie ingelig en Itenge het baie vinnig gereageer. “
Daar word vertel dat 200 sakke meel en blikkies vis gedurende die betrokke week met ‘n weermaghelikopter na hulle geneem is.
“ ‘ ’n Mens kon die blydskap in hul oë sien toe hulle die kos kry,’ het Muhenje gesê. Die raadslid van Epupa het gesê: ‘Wanneer die politici hierdie kiesers se stemme nodig het, is daar ’n helikopter om hulle te registreer, maar wanneer dieselfde mense honger is, is daar geen vervoer nie.’”
SKORS ONVERANTWOORDELIKES
In die Republikein van 17 Desember 2016 verskyn ‘n artikel getiteld: “Voedselbank in Kunene broodnodig.”
Die berig is vergesel van ’n foto met die onderskrif: “Inwoners oorleef deur koeivelle te kook wat hulle op stortingsterreine optel.” Mnr. Katuutire Kaura, die spesiale adviseur van die goewerneur van die Kunenestreek het hieroor onder meer gesê 70% van die Kunenestreek se inwoners leef onder die minimum bestaansvlak, en het voortgegaan: “Ons het mense wat oorleef deur diervelle te eet net om iets in hul maag te hê. Die ooglopende hongersnood is volgens my die rede waarom die voedselbank eerder hier van stapel gestuur moes word.”
Die toestande waarin mense 26 jaar na onafhanklikheid moet oorleef is ongelooflik. Daar moet onverwyld ’n ondersoek deur die president gelas word. Die onverantwoordelike en onbevoegde amptenare moet sonder meer met onmiddellike effek geskors en met bevoegde en bekwame amptenare vervang word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie