Opvoeding en Harambee
Godfrey Kleinhans - Ek het in vorige aflewerings daarop gewys dat die imperiale moonthede so min as moontlik in die ontwikkeling van Afrika en sy mense belê het. Grondstowwe is ontgin met behulp van goedkoop arbeid en vervoer na vervaardigingsaanlegte in Europa.
Die bewering dat die ontwikkeling van onderwysstelsels met opset beperk was met uiters beperkte begrotings, is nie vergesog nie. Slegs ‘n handjievol jongmense (natuurlik in vergelyking met die populasie) van Afrika het tot graad 12 en verder gevorder.
Die geskiedenis het bewys dat bloedige rewolusies soms die enigste manier is om mense uit onderdrukking te bevry. Ongelukkig kan die gang van rewolusies, sowel as die sosio-ekonomiese en politieke impak daarvan, selde indien ooit voorspel word.
Die leiers en denkers wie se idees rigting sou gee, was onder andere Leopold Senghor van Senegal, Julius Nyerere van Tanzanië, Kenneth Kaunda van Zambië en Jomo Kenyatta van Kenia.
Filosofieë in die post-koloniale periode het veral gefokus op tradisionele Afrika waardes en die gemeenskapslewe. Kollektief het hierdie denke gestalte gekry in Ubuntu, wat fokus op die verdeling van rykdom, moraliteit en sosiale verantwoordelikheid.
Ubuntu is ‘n Zulu-woord wat die bestaan van een mens afhanklik stel aan die van ‘n ander. Aldus emeritus biskop Desmond Tutu is Ubuntu die essensie van ons menswees.
Die filosofie van Harambee soos vertolk deur Jomo Kenyatta, het heelwat in gemeen met die van Ubuntu. Harambee is ‘n Swahili-woord wat mense tot samewerking oproep. "Let us all pull together at once.”
Gemeenskappe in Kenia het hulle self in koöporatiewe of selfhelpgroepe georganiseer, wat onder andere landbou- en konstruksieprojekte aangepak het om die sekuriteit en welvaart van die gemeenskap te bevorder. Die sukses van Harambee vereis nauurlik dat die een individu altyd bewus is van die behoeftes van sy of haar naaste. Harambee-projekte fokus altyd op die kollektiewe welsyn van die gemeenskap terwyl plaaslike bronne (arbeid, geld en materiaal) ingespan word om die doelwitte te bereik.
President Hage Geingob het na sy inhuldiging die Harambee-welvaartsplan vir Namibië afgekondig. Toegang tot kwaliteit-onderwys is as een van die doelwitte gestel ten tyde van hierdie bekendmaking.
Geingob het ook genoem dat die Harambee-welvaartsplan aanvullend moet wees tot Visie 2030 en belowe dat staatsfondse vir die bereiking van die doelwitte aangewend sou word.
Die moontlikheid is groot dat die Harambee-filosfie waardevol kan wees om te help met onderwysbehoeftes in die streke.
Geweldige groot bedrae staatsfondse is sedert 1990 aan die sektor bestee. Ten spyte hiervan rapporteer nuusblaaie gereeld die gebrek aan klaskamers, laboratoria, biblioteke, spesialiteitsklaskamers en ablusiegeriewe. Daar is volgens 2017 se statistieke steeds 246 skole sonder toilette vir leerlinge, 390 skole sonder toilette vir onderwysers en 211 skole sonder water.
Die land het nie geld om onmiddellik in hierdie uiters kritieke behoeftes te voorsien nie. Dit is tyd dat die onderskeie gemeenskappe ingryp.
Die infrastruktuur vir gesamentlike, Harambee-projekte bestaan reeds in die vorm van skoolrade, streeksonderwysfora en die skoolgroepstelsel (School Cluster System). Skoolgemeenskappe kan deur hierdie instansies gelei word om net soos die Keniane projekte soos die herstel van skoolmeubels, konstruksie van klaskamers, aankoop van toerusting, die aanlê van produktiewe tuine en baie meer aan te pak.
'n Noodsaaklike vereiste is dat die belang van die individuele skool sal moet wyk ten gunste van die welsyn van die kollektief, terwyl die onderwysfora hul toesighoudende en “versorgende rol” effektief sal moet uitleef.
Ek sal die geskiedenis leed aandoen as ek versuim om soortgelyke praktyke in Namibië aan te haal. In dele van die land, veral in die Noorde, was gemeenskappe op hulle eie bronne aangewys om in talle onderwysbehoeftes te voorsien. In die Suide het die gemeenskapskole die lig gesien. Die onderskeie gemeenskappe het baie van hul eie tyd en bronne beskikbaar gestel om die doelwitte wat hulle vir hul kinders gestel het, te realiseer.
Dit kan gedoen word. Soos Barack Obama se destydse verkiesingslagspreuk lui: ”Yes we can!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie