Opvolgstryd: Laat ons mekaar respekteer
Opvolgstryd: Laat ons mekaar respekteer

Opvolgstryd: Laat ons mekaar respekteer

Mandy Rittmann
DIE BESTUUR VAN DIE RBG SKRYF:

Die Kantoor van die Rehoboth Baster Gemeente neem kennis van allerlei gesprekke op sosiale media oor die huidige Kapteinsraad en ondersteuningspersoneel.

Hierdie ongesonde gesprekke, beledigings, karakterskending, verregaande beskuldigings en aanhitsing deur ambisieuse individue het ’n onaanvaarbare vlak bereik tot groot onsteltenis van veral ons ouergaarde. Ons doen dus ’n beroep op elke lid en simpatiseerder om hulle nie te steur aan hierdie misleidende berigte en gerugte nie.

Deur middel van hierdie persverklaring wil die Kantoor van die Baster Gemeente weereens beklemtoon dat Martin Dentlinger gedurende 2018 onthef is van die posisie as “Tussentydse Kaptein”. U moet u dus nie laat mislei deur uitsprake dat Martin Dentlinger die Kaptein van die Rehoboth Baster Gemeente is en of tot sodanige posisie verkies was.

Tydens die ontslag van Dentlinger het die Kaptein en Raad hul besluit bevestig met ’n resolusie en versoek dat die publiek ingelig moes word deur middel van ’n mediavrystelling. Sodanige berig het op 27 November 2018 in Republikein onder die opskrif “McNab wys Dentlinger die deur”. Hierdie berig is opgevolg met die plasing van die volledige persverklaring in dieselfde koerant op 28 November 2018.

Die Kantoor van die Rehoboth Baster Gemeente distansieër hulself van alle uitsprake van Martin Dentlinger. Hy praat dus nie vanuit die Kantoor van die Rehoboth Baster Gemeente of as Kaptein van die Rehoboth Baster Gemeente nie. Martin Dentlinger het sy eie privaat assosiasie.

Dit is betreurenswaardig dat hierdie privaat assosiasie hul beweerde “verkiesing” onder die dekmantel van die Vaderlike Wet gedoen het en hulself voordoen as “Kaptein en Volksraad”. Indien hierdie individue hulself vergewis het met die korrekte inhoud van die Vaderlike Wet sou hulle hulself weerhou het van hierdie optredes, en sogenaamde “verkiesing van ’n Kaptein en Volksraad”.

Die Kapteins Raad wil beklemtoon dat ons nie tot op daardie slykvlak van beledigende taal, karakterskending, verregaande beskuldigings, aanhitsing, uitjouery en uitdagings sal daal en daardeur betrokke raak in openbare spektakels nie. Dus nooi ons u vriendelik uit na die Kantoor van die Baster Gemeente om uself te vergewis van gedokumenteerde feite en baie meer wat hierdie beskuldigings weerlê.

Ons doen ’n beroep op alle lede en almal wie nog nie geregistreer is nie om dit so spoedig as moontlik te doen. Indien u wel geregistreer is, word u ook versoek om die Kantoor van die Baster Gemeente te besoek ter bevestiging van u besonderhede.

Dit is belangrik vir die verkiesing van ’n Kaptein en Volksraad. Hierdie verkiesing sal streng in terme van die Vaderlike Wet plaasvind.

Ons beplanning is om op 24 Januarie 2021 ’n groot vergadering in Rehoboth byeen te roep, sodat alle details aan voornemende kiesers en aspirerende kapteinskandidate verduidelik kan word. Verdere inligting of veranderings aan die beplande vergardering sal mettertyd deur gegee word. Bevestiging van hierdie vergadering sal in die massamedia bekend gemaak word.

Ons wens elke lid en voornemende lede ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoedige 2021 toe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!