Opwindende deurbraak vir Eagles
Jeugdige talent het die naweek in die Afrikabeker T20-reeks na vore getree.
Andrew Poolman - Teen drie spanne gelaai met sterk spelers het die Namibiese Eagles die naweek in Benoni beswaarlik 'n voet verkeerd gesit en in die proses seker gemaak dat hulle vir die eerste maal in die Afrikabeker T20-reeks se semifinale ronde betrokke gaan wees.
Oorwinnings op agtereenvolgende dae teen die Westelike Provinsie, die gasheerunie Oostelikes en Suidwestelike Distrikte het verseker dat Namibië as wenner uit hierdie mini-groep tree en dus die eerste van die vier kwalifiseerders vir die halfeindronde word.
Die oortuigende verskille (onderskeidelik met agt, sewe en ses paaltjies teen WP, Oostelike en SWD) dui daarop dat die Eagles in elke afdeling van die spel 'n goeie greep gekry het.
Met 'n paar nuwe pyle in hul koker is Sarel Burger en sy manne klaarblyklik slaggereed om in die komende seisoen voort te bou op die welslae wat hulle verlede jaar in die provinsiale Suid-Afrikaanse kompetisie begin behaal het. In die laaste seisoen het afrigter Dee Thakur se manne ook vir die eerste keer die provinsiale eendagreeks se eindstryd gehaal.
Jean Bredenkamp is 'n opvallende nuwe naam in die elftal en sal hierdie seisoen die Namibiese span begin verteenwoordig, nadat hy op grond van sy pa se geboorteplek kwalifiseer.
Die 24-jarige Bredenkamp is 'n regterhandse spesialiskolwer op nommer drie wat reeds in 2011 sy eersterangse debuut vir die Boland gemaak het. Paarl Boys High en die Universiteit van Stellenbosch is van die ander plekke waar hy sy krieketvernuf geslyp het.
Sy amptelike verskyning in Namibiese kleure stuur 'n boodskap uit dat dié land se krieketspan inderdaad 'n opsie is vir die beste spelers wat kwalifiseer. Bredenkamp het in 2011 die SA Skolespan verteenwoordig, terwyl Jan Frylinck ook ná sy SA onder 19 Wêreldbeker-vertoning verlede seisoen oorgeskakel het om vir Namibië te begin speel.
Wie weet, dalk is die keerpunt bereik waar minder Faf du Plessis's en David Wieses uit die Namibiese talentpoel ontsnap.
Uit Namibië se eie geledere het die tienerjariges Lo-han Louwrens en Petrus Burger die naweek ewe oortuigend hul hand opgesteek nadat beide in 'n mate in die diep kant ingegooi is. Louwrens was die algehele voorste lopiemaker in die mini-toernooi met 104.
“In van die wedstryde het ons vir Petrus die boulwerk saam met my laat open, terwyl Lo-han as aanvangskolwer saam met Stephen Baard gebruik is. Ons senior manne het net af en toe nodig gehad om 'n woordjie met Petrus te wissel om hom rustig te hou, terwyl Lo-han gefloreer het in die vryheid waarmee ons hom toegelaat het om sy kolfvernuf ten toon te stel. 'n Mens kan sê Petrus en Lo-han is twee ou koppe op jong lywe,” was die pryswoorde wat die kaptein gister vir die twee jonges gehad het.
Sarel Burger sê die ganse span verdien lof vir die naweek se deurbraak. Toe die Afrika T20-toernooi twee seisoene gelede begin het, kon die Namibiërs nie een wedstryd wen nie. Verlede jaar kon hulle ook net 'n enkele oorwinning vir hul moeite wys.
“Ons het goed by die omstandighede aangepas. Ons veldwerk was skerp en in elke wedstryd was daar 'n uithardloop of twee. Sedert verlede jaar het ons hard gewerk om sake in die regte rigting te draai.”
Die naweek se verkorte uitslae:
WEDSTRYD 1
Westelike Provinsie 121 almal uit (Luke Philander 26; Bernard Scholtz 3/20 in 4 bb; JJ Smit 2/19 in 4 bb).
Namibië 122/2 (Stephen Baard 34 van 35 balle; Lo-han Louwrens 30 van 23 balle met 4x4 en 1x6; Jean Bredenkamp 23 nie uit nie van 31 balle; Craig Williams 28 nie uit nie van 21 balle, 2x6).
Namibië wen met agt paaltjies.
WEDSTRYD 2
Oostelikes 149/4 (kaptein Grant Thompson 40 van 32 balle; Wesley Marshall 30 van 21 balle; Wesley Coulentianos 31; Sarel Burger 1/18 in 4 bb; Tangeni Lungameni 1/22 in 3 bb).
Namibië 150/3 (Stephen Baard 30 van 31 balle; Lo-han Louwrens 76 van 44 balle met 6x4 en 5x6; Jean Bredenkamp 18 nie uit nie van 20 balle; Craig Williams 23 van 16 balle met 1x4 en 2x6).
Namibië wen met sewe paaltjies.
WEDSTRYD 3
Suidwestelike Distrikte 104/7 (Obus Pienaar 39; Sarel Burger 2/26 in 4 bb).
Namibië 105/4 (Stephen Baard 30 van 32 balle met 4x4; Craig Williams 36 nie uit nie van 29 balle 3x4 en 1x6; Jan Frylinck 19 nie uit nie van 24 balle met 2x4).
Namibië wen met ses paaltjies.
FORMAAT
Beide semifinale is vir 24 September op Kimberley bestem, maar voor dit moet die ander drie kwalifiseerders nog bepaal word.
Die komende drie mini-toernooie is:
1-3 September: Oostelike Provinsie, Gauteng, Noordwes en Noordelikes.
8-10 September: Vrystaat, Kenia, Noord-Kaap en KwaZulu-Natal.
15-17 September: Zimbabwe, Boland, Grens en KwaZulu-Natal Binneland.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie