Opwindende nuus oor Filmit-kompetisie

Yandi Du Plessis
Die Filmit-filmkompetisie vir hoërskoolleerlinge is in Mei vanjaar van stapel gestuur.

Hoërskoolleerlinge van oraloor Suid-Afrika en Namibië het die geleentheid om ’n kortfilm te skryf, te vervaardig en fantastiese pryse te wen.

Leerlinge word aangemoedig om ’n 2 minuut lange video in te stuur waarin hulle hul filmkonsep verduidelik. Die 20 beste filmkonsepte sal deur ’n paneel van professionele beoordelaars gekies word, waarna hulle amptelik aan die kompetisie deelneem. Die 20 gekose groepe sal aanlyn mentorskap ontvang in die aanvang van hulle kreatiewe proses.

Alle video’s moet om middernag op 14 Junie ingedien word. Skole word aangemoedig om so spoedig moontlik hulle konsepte in te stuur. Vir inligting oor die aansoekproses, besoek https://paulroos.co.za/filmit/.

TELEVISIEREEKS STEL AKTEURS BESKIKBAAR

Filmit het aangekondig die Suidooster-span sal deel van die projek wees. Bekende akteurs van dié reeks gaan hulle ervaring en kundigheid met die 20 deelnemende skole deel.

Interaktiewe aanlyn mentorskapsessies sal deur vyf Suidooster-akteurs aangebied word, waar onder Dean Smith (Wade Ferreira), Marco Spaumer (Tim du Plooy) en Esther von Waltsleben (Elana Naudé). Een van Suidooster se hoofskrywers, Marcel Spaumer, sal ’n beoordelaar wees.

SA-FILMMAATSKAPPYE IS AAN BOORD

Die TV- en filmproduksiespanne van Gambit Films, Infinity Films en Nagvlug Films het almal ingestem om as mentors vir die pryswenners op te tree, asook om as beoordelaars in die eerste en/of tweede beoordelingsproses te dien.

Hulle is almal aktief in die TV- en filmbedryf en beskik oor kennis, vaardighede en ervaring in preproduksie, produksie en postproduksie. Hulle sal betrokke wees in die aanwysing van die beste 20 filmkonsepte, sowel as van die wenners in die onderskeie kategorieë.

Hulle sal ook beskikbaar vir individuele aanlyn mentorskapsessies vir die wenners in die Beste Film- en Beste Draaiboekskrywer-kategorieë wees.

AKTEURS MAAK TYD VIR WENNERS

Paul Roos Gimnasium het aangekondig dat wenners in die Beste Akteur/Aktrise- en Beste Ondersteunende Akteur/Aktrise-kategorieë persoonlike aanlyn sessies met een van onder andere Neil Sandilands (nou te sien in Sweet Tooth), Erica Wessels (I am all girls), Nicole Fortuin (Flatland, Alles Malan), Jarrid Geduld (Ellen Pakkies, Four Corners), Deon Lotz (I am all girls, Faan se trein) en meer sal kan geniet.

ANDER SPESIALISTE

Nosipho Dumisa-Ngoasheng, die skrywer en regisseur van die film Nommer 37, sal haar kennis en ervaring met die wenner van die Beste Regisseur-kategorie deel.

Fahema Hendricks (kinematograaf), Eva du Preez (redigeerder), Braam du Toit (komponis/filmmusiek), Lloyd O’Conner (klankingeneur), Michael Botha van The Workroom (klank in postproduksie) en Kobus Verhoef van Gravitron (spesiale effekte-maatskappy) het almal aangebied om hul kennis en tyd met deelnemers te deel.

OPLEIDINGSGELEENTHEID

Paul Roos Gimnasium het ook aangekondig dat die grafiese ontwerper wat die beste filmplakkaat ontwerp met ’n aanlyn kortkursus in grafiese ontwerp by Red and Yellow Creative School of Business sal wegstap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!