Opwindende seisoen van deurbrake afgesluit

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Krieket Namibië het Vrydagaand in Olympia sy topkrieketspelers en beamptes vir die 2018-’19-seisoen by ’n spoggeleentheid met altesame 55 toekennings vereer.

Die veelsydige staatmaker JJ Smit het soos verwag met die mees gesogte toekennings weggestap ná sy rol in die nasionale Eagles se opmars om onder meer internasionale eendagstatus te verwerf.

Smit is ’n gewilde spanman met sy nederige en vriendelike persoonlikheid en is nie net KN se speler van die seisoen nie, maar is ook eenparig deur sy spanmaats as spelers se speler van die seisoen vereer.

Die 75-jarige oudadministrateur mnr. Laurence Pieters (oom Laurie) het Krieket Namibië se toekenning as lewenslange erelid ontvang. Net vyf persone het tevore lewenslange erelidmaatskap ontvang, naamlik John Powell, Hans-Eric Staby, Wes Kruger, Apie Kotze en Arthur Brown (eerste kaptein van die destydse SWA-span). Apie Kotze en John Powell is die enigste oorlewendes van die vyftal erelede.

Die volledige lys van toekennings:

JUNIOR KRIEKET

Spelers van die jaar: Onder 13: 1. Jack Brassell. O.15: Renier Bosman. O.17: Kyle Saunders. O.19: Divan la Cock, kaptein van die nasionale junior span. By die Coca-Cola SA o.19-week behaal hy in ses wedstryde 194 lopies van 288 balle (14 viere, 6 sesse) met ’n hoogste telling van 99.

Jeugafrigter van die jaar: Lauritz Haccou.

Junior vrouespeler van die seisoen: Mercely Dantago.

Senior vrouespeler van die seisoen: Kayleen Green speel in 20 wedstryde en speel haar plek as openingskolwer in die nasionale span oop. Sy teken 245 lopies van 280 balle aan en is by vyf geleenthede onoorwonne met die kolf. Green is met 4.04 lopies per boulbeurt haar span se mees ekonomiese bouler. Sy stuur 51 boulbeurte af en neem 21 slagoffers en staan net 207 lopies af.

FNB Kwata-ontwikkelingsprogram, administrateur van die jaar: Belinda Engelbrecht van Gammams Primêre Skool en Elenora Gawetse van Moses van der Byl Primêre Skool. Kwata-skool van die jaar: !Nara Primêre Skool (Walvisbaai). Beste ontwikkelingsbeampte: Willbard Nendongo. Beste ontluikende streek: Kunene.

KLUBS

T20 tweede liga. Beste kolwer: Jaco Schoonbee, Green Mambas (245 lopies). Beste bouler: Ken Joseph, Green Mambas (14 bb, 9/73).

Tweede liga (30 beurte), Beste kolwer: Jannes van Zyl, Otjiwarongo (313). Beste bouler: Daneel van der Walt jr., WHS Old Boys (28 bb, 11/117).

T20 eerste liga (sentraal), Beste kolwer: Ewald Steenkamp, Wanderers (339 van 286 b). Beste bouler: Tiaan Gerber, Wanderers (26.1 bb, 14/169).

40-beurte eerste liga (sentraal), Beste kolwer: Tiaan Louw, Wanderers (255 van 304 b). Beste bouler: Tommie van der Merwe, Wanderers (30.2 bb, 15/77).

T20 eerste liga (kus), Beste kolwer: Nian Grobler, JCCA (388 van 218 b). Beste bouler: Ricku Mans, JCCA (30 bb, 17/137).

Eerste liga 40-beurte (kus). Nian Grobler, JCCA (317 van 192 b). Beste bouler: Matthew Stander, JCCA (26.4 bb, 13/101).

T20-premierliga, Beste kolwer: Picky Ya France, CCD Tigers (278 van 194 b). Beste bouler: Christian Schumacher, WHS Old Boys (18 bb, 9/167).

Premierliga (50 beurte), Beste kolwer: JJ Smit, Wanderers (399 van 612 b). Beste bouler: Zhivago Groenewald, WHS Old Boys (67.5 bb, 20/178).

T20-franchisereeks: wenners King Price Hawks.

T20-streekwenners: JCCA, Junior Coastal Cricket Academy (Walvisbaai).

Castle Lite T20-wenners: Tweede liga: Green Mambas. Eerste liga (kus): JCCA. Eerste liga (sentraal): Wanderers II. Premierliga: CCD Tigers.

Castle Lite-liga: Tweede liga (30 beurte): Otjiwarongo. Eerste liga (40 bb, kus): JCCA. Eerste liga (40 bb, sentraal): Wanderers II. Premierliga (40 bb, sentraal): Wanderers 1.

Klubafrigter van die jaar: Gareth Cloete (WHS Old Boys).

NASIONAAL

Beste veldopsigter: Vernon Cloete.

Beste tellinghouers, internasionaal: Nolene Winborn. Ontluikend (internasionaal): Tsungai Chadzinya. Senior klubvlak: Thalia Louw. Junior klubvlak: Eloise du Plooy.

Skeidsregters van die jaar, internasionaal: Claude Thorburn. Klubvlak: Andrew Louw. Ontluikend: Esau Heyns.

Beste administrateur: Jeff Luck (skeidsregtersvereniging).

Raymond van Schoor-trofee: Karl Birkenstock het ’n puik seisoen beleef en het hom bewys as een van daardie spelers wat altyd bereid is om die ekstra myl te loop. Sy positiewe bydrae op en van die veld word met sy nederige benadering afgerond, wat hom ’n gewilde spanmaat maak.

Verdienstelike erkenning vir vrywillige diens aan KN: Trevor Britten.

Presidentstoekenning: Die Eagles, Namibië se senior nasionale manspan, as die span wat die beste vertoning gelewer en merkwaardige veggees getoon het.

Afrigter van die jaar: Pierre de Bruyn, afrigter van die Eagles.

Spelers se speler van die seisoen: JJ Smit.

Speler wat die meeste vordering op nasionale vlak toon: Karl Birkenstock slaan 61 lopies in sy internasionale eendagwedstryd-debuut en lewer ’n uitstekende bydrae teen Uganda waar hy ’n blitsige 59 lopies van 28 aflewerings moker.

KN speler van die seisoen: JJ Smit teken in April 2019 met die ICC WCL 2-kampioenskap in Windhoek 221 lopies aan en neem 13 paaltjies om as speler van die toernooi na vore te tree.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!