Opwinding en drama is gewaarborg

'n Stryd om in die finaal te mag speel, ontlok altyd veggees tot op die laaste.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die semifinale rondte van die Momentum skolerugbyseisoen sal sonder tywfel 'n hoogtepunt van die sportnaweek wees.

Skole van oral in die land het hard gewerskaf vir die voorreg om op die laaste twee naweke van die seisoen steeds in die uitklopwedstryde betrokke te bly.

Die vier topspanne wat in die o.19 Superliga sake sal uitspook, wemel van talentvolle spelers wat hul skoolspanne en die land vanjaar op hoë vlak verteenwoordig het.

Die spanne in vanaand se eerste semifinaal sal dit sommer nog vars in die geheue hê hoe hulle mekaar twee naweke gelede in die laaste ligaverpligting opgekeil het. Ricoh Windhoek Gimnasium het op sy tuisveld met 31-28 teen JCC/KMC Windhoek Affies gewen – wat grootliks aan die foutlose skopvertoning van sy losskakel Denzo Bruwer te danke was.

Bruwer het met agt strafdoele die vlae laat lig, asook met die doelskop van sy span se enigste drie deur die haastige vleuel Rudi Pretorius.

Hierteenoor het drie Windhoek Affies-spelers die doellyn oorgesteek, naamlik Bernhardt Wessels, Gerweino Benade en Zinzan Steenkamp. Vir die Affies is hul blink agterspeler Gerswin Mouton se ligamentbesering by die Cravenweek 'n groot verlies, maar twee naweke gelede se uitslag het gewys dat daar min rede is vir afrigters Johan Zaayman en Herman Lintvelt se manne om nié in die tweede Superliga-eindstryd in die skool se bestaan te bly glo nie.

Môreaand wag 'n ewe opwindende semifinaal. Die verdedigende kampioen, Samsung Windhoek Hoërskool, het weer boaan die puntelys klaargemaak en kom teen span nommer vier, Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoër­skool, te staan.

Die Walvisbaaiers onder kapteinskap van die agtsteman Wynand Breytenbach is die enigste skool wat vanjaar 'n oorwinning teen WHS kon behaal. Dit was wel vriendskaplik (tydens die Hennie de Waal-fees vir WHS se eeufeesvieringe) en met 'n klein punteverskil, maar dit sal die kusspan moed gee dat die Koedoebulle se groot name dalk tóg gekeer kan word.

In hul liga-ontmoeting by Vegkop het WHS met die ongelooflike telling van 68-50 teen Walvisbaai gewen.

Die vier Superliga-spanne:



JCC/KMC Windhoek Affies:

15 Herman Steyn, 14 Gerweino Benade, 13 Christiaan Celliers, 12 Snyman van der Walt, 11 Handeon Morkel, 10 Johan Zaayman, 9 Danie van der Merwe, 8 Bernhardt Wessels, 7 De Wet Oosthuizen, 6 Helmut Rautenbach, 5 Christiaan Heunis, 4 Frans Oosthuizen (kapt), 3 Jurgen-Leigh Human, 2 Guillaume Snyders, 1 Jacobus du Plessis.

Reserwes: Ruan Strydom, Marthinus Smit, Joshua Mienie, Roelof Theron, Kobus Wilders, Gianni Platt, Keanu Engelbrecht, Zinzan Steenkamp.

Afrigters: Johan Zaayman, Herman Lintvelt.



Ricoh Windhoek Gimnasium: 15 Ruben Lambrechts, 14 Morgan Esterhuizen, 13 Nico Horn, 12 Chrischen Olivier, 11 Rudi Pretorius, 10 Denzo Bruwer, 9 Sergio Mathias, 8 Franco Opperman (kapt), 7 Roaldo Rittmann, 6 Morné Meyer, 5 Juan Hoffmann, 4 Armand Kotze, 3 Gerhard Opperman, 2 Louw Steenkamp, 1 Adriaan Vermeulen.

Reserwes: Zane Feris, Riyaruka Maurihungirire, Jürgen Schmidt, Michael Thuynsma, Karl Jacobie, Samuel Poulton, Lyle Beukes, Jay Ceé Steenkamp.

Afrigters: Jaco Engels, Abri Myburgh, Nico Horn.



Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoërskool: 15 Aston Mukwiilongo, 14 Tyron Pietersen, 13 Darryl Wellmann, 12 Randall Maasdorp, 11 Bryan Gordon, 10 Juvan Pitout, 9 Devon Langenhoven, 8 Wynand Breytenbach, 7 Utomuini Morangi, 6 Gilad Plaatjies, 5 Victor van der Watt, 4 Bjorn Asmundsson, 3 Patrick Schickerling, 2 Barren van Es, 1 Ethan Thiart.

Reserwes: Damian Mouton, Clinton Langenhoven, Brand Davids, John Faul, Emrandt van Aardt, Hugo van Schalkwyk.

Afrigters: Henjan van der Hyde, Callie van Wyk.



Samsung Windhoek Hoërskool I: 15 Delron Brandt, 14 Donaville Lebereki, 13 Elmarco Beukes, 12 Justin Muir, 11 Ettienne de Toit, 10 Alexander Coetzee, 9 Jacques Theron, 8 Oderich Mouton (kapt), 7 Ignacio Feris, 6 Ruan Schreiber, 5 Christiaan Hennig, 4 Ruan de Toit, 3 Chris Swanepoel, 2 Gerhard Thirion, 1 Wander Augustyn.

Reserwes: JC Rossouw, Adriaan Esterhuizen, Franco Pretorius, Brendon Nortjé, Adriaan Venter, Johanco le Roux, Warren Ludwig, Aljarreau (AJ) Zaahl.

Afrigters: Henry Kemp, Jan Dames, Ben Calitz.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!