Opwinding in Zim ‘is nie volle prentjie’
Die uitgesproke menseregteaktivis, Ben Freeth, neem sy saak oor die onteiening van sy en sy skoonfamilie se grond in Februarie op internasionale arbitrasie.
Erika Gibson - Wit boere in Zimbabwe is steeds onseker oor die eienaarskap van hul grond en sommiges word stééds van hul plase afgesit.
Ben Freeth, ’n uitgesproke menseregteaktivis en boer wat in 2001 van sy grond verdryf is, sê die fanfare waarmee die buitewêreld die terugkeer van ’n enkele wit boer na sy grond verwelkom het, is nie die volle prentjie nie.
Volgens hom het niks verander sedert pres. Emmerson Mnangagwa aan die bewind gekom het nie.
’n Paar plase het van eienaars verwissel en die gesigte van ministers is nou dié van Mnangagwa-ondersteuners. Die grondregte van veral die wit boere is egter nog nie herstel nie. Die grondwet sê ook steeds dat alle grond aan die staat behoort.
Freeth sê die wit boere wat Desember in kennis gestel is dat hulle teen einde Januarie hul plase moet verlaat, is ’n simptoom van die huidige magspel.
Mnangagwa het laat verlede jaar groot gewag gemaak daarvan dat hy wit boere op hul grond wil hervestig in ’n poging om die land se landboubedryf reg te ruk.
Rob Smart (71) en sy seun, Darryn, is daarna toegelaat om na hul plaas in die Rusape-distrik terug te keer en die pastoor wat dit vir homself toegeëien het, is van die grond afgesit.
Terselfdertyd het vier van 17 boere wat in 1989 in die Mwenezi-distrik grond gekoop het, in Desember kennisgewings gekry dat hulle hul plase moet verlaat om vir nuwe swart eienaars plek te maak.
Luidens die kennisgewings is die grond in 2016 deur die regering vir verpligte aanskaffing geïdentifiseer en is dit nou staatsgrond, berig News Day.
Vorige regering
Davis Marapira, adjunkminister van grond en landelike hervestiging, het by navraag gesê aangesien dié besluit deur die vorige regering geneem is, is daar niks wat die nuwe regering daaraan kan doen nie.
Een van die eienaars wat nou van hul grond moet af, is Ann Bradfield, wie se man, Carl, ’n bekende in bewarings-, jag- en safari-kringe in Zimbabwe, in 2005 deur ’n olifant doodgetrap is.
Ook Shane Warth, wat in 1957 in Zimbabwe gebore is, se grond met al die implemente en besproeiingstelsels word nou deur die staat teruggeneem.
Warth het luidens die koerant gesê hy voel soos een van die Jode wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland uitgedryf is.
Hy het geen ander heenkome nie, aangesien al sy belange nog altyd in Zimbabwe was.
Wynand Hart van die Zimbabwe Farmers’ Forum sê wit boere wat wel onder die vorige bedeling van pres. Robert Mugabe sekere toegewings gekry het, ly nou daaronder omdat die Mnangagwa-bewind dit nie erken nie.
Die Zimbabwe Commercial Farmers’ Union (CFU) vergader binnekort met die nuwe regering om sekerheid oor die landbou en veral grondeienaarskap te probeer bewerkstellig.
Intussen neem Freeth sy saak oor die onteiening van sy en sy skoonfamilie se grond in Februarie op internasionale arbitrasie.
’n Tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het in 2007 teen die Zimbabwiese regering in Freeth en sy oorlede skoonpa, Mike Campbell, se guns beslis. Zimbabwe het op sy beurt uit die SAOG onttrek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie