‘Opwip’-uitstalling by Nasionale Galery
Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Azael Langa se uitstalling getiteld The Imbalance Phenomenon of Economy kan vanaf vandag tot Saterdag, 13 November, by die Nasionale Galery (NAGN) en op die NAGN-webblad besigtig word.
Langa, ‘n praktiserende kunstenaar en entrepreneur, het rookverf, oftewel smoke painting, as sy kenmerkende kunsmedium bemeester. Dié kunstenaar wat tans in Pretoria woonagtig is, se werk weerspieël die sosio-politieke werklikheid in Suid-Afrika. Hy gebruik verskeie mediums, en put inspirasie uit die letterlike en simboliese beelde van Suid-Afrika se ryk agtergrond. Sy werk word as ‘n maatskaplik-sensitiewe, dog polities-transformerende communiqué beskou. Deur sy kunswerke verwys hy na pertinente kwessies van korrupsie en uitbuiting deur die ondersoek na die dualisme wat tussen identiteit en gemeenskap bestaan. Hy gebruik verbrande plastiek om die toksisiteit uit te beeld van ‘n ekonomie wat op die “stille opofferings” van ander gebou word, en kersrook “as ‘n gebaar om hul situasie aan die lig te bring en te suiwer”.
The Imbalance Phenomenon of Economy sal hoofsaaklik fokus op diskriminasie, inklusiwiteit en eksklusiwiteit, en die viering van ikoniese figure en moeders. As deel van sy solo-uitstalling sal hy ‘n praatjie oor Afrika-kuns hou – spesifiek die rol en bydrae daarvan op ’n globale platform. Daar sal begeleide toere wees wat besoekers in staat sal stel om met die kunstenaar in gesprek te tree oor sy werk. Laasgenoemde vind môre (Donderdag) om 16:00 en Vrydag om 11:00 plaas. Langa sal ook Saterdag ‘n slypskool aanbied om met jonger gehore te skakel.
Die uitstalling open vanaand om 18:00 vir 18:30 in die NAGN.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie