Oranjemund maak spiere vir toerisme

Dani Booysen
Môre (Vrydag) bied Namibië se nuutste dorp, Oranjemund, ‘n toerismemark aan.

Die geleentheid vier ook die dorp se nominering as ‘n finalis in Namibia Media Holdings (NMH) se Dorp van die Jaar-kompetisie vir 2018, wat fokus op die land se kleiner dorpe.

‘n Span van NMH se NTY-kompetisie en die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) besoek Oranjemund môre (Vrydag) en sal ook by die toerismemark aandoen.

Die mark begin om 09:00 by die OMD2030 se toerisme-inligtingsentrum langs die dorpsmuseum.

Danksy die proklamering en oopstelling van Oranjemund as dorp, is dié unieke bestemming met sy ryk geskiedenis nou ook oop vir toeriste.

Volgens me. Glennadette Scholtz, die munisipale beampte vir openbare betrekkinge en gemeenskapsontwikkeling, besoek talle toeriste uit Namibië, Suid-Afrika en die buiteland Oranjemund sedert Oktober verlede jaar.

Die dorp se diamantgeskiedenis en ligging in die Sperrgebiet is deel van die bestemming se aantrekkingskrag.

By die OMD2030-inligtingsentrum kan besoekers in ‘n kits van alle besienswaardighede en ontspanningsmoontlikhede uitvind. Aandenkings is ook hier te koop en die plaaslike kunste word aktief bevorder.

OMD2030 is ‘n organisasie van vrywilligers met die doel om Oranjemund se transformasie en ontwikkeling op die sneltrajek te plaas. Sewentig inwoners het in November opleiding in die gasvryheidsbedryf ontvang om toerisme te bevorder.

Oranjemund se bekende “mak” gemsbokke, springbokke, jakkalse, volstruise, voëllewe en unieke plantspesies word ook onder toeriste bemark.

Die finale ronde van stemme om die wenner van die Dorp van die Jaar-kompetisie aan te wys, vind vanaf 21 Mei tot 1 Junie plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!