Organiese produkte Manjo se passie
Okahandja-uitblinker gesels
“Ek dink my liefde vir plante word aangevuur deur my liefde vir kos maak. Ek geniet dit om vriende te nooi en dan nuwe disse te probeer, veral met interessante groente of kruie wat ek self gekweek het.”
Organiese boer en eienaar van Greenspot Organics, me. Manjo Krige, het geen bekendstelling nodig nie. Dié Okahandja-inwoner is die voorsitter van die Nambiese Organiese Vereniging (NOA) en dien sedert 2011 op die Internasionale Federasie vir Organiese Landboubewegings (IFOAM) se raad.
Sy is in Oktober 2014 as die wêreldliggaam se visepresident gekies, maar moes verlede jaar weens te veel hooi op haar vurk bedank. Sy dien egter steeds as een van die tien raadslede, wat jaarliks bymekaarkom.
“Okahandja is ’n baie spesiale dorp met vriendelike en interessante mense. Hier woon ’n klompie organiese boere, dus is dit lekker om by mekaar te leer en inligting te ruil.”
Naweekboer
“Ek is ’n naweekboer, soos baie ander in Namibië. Ek het egter ’n ervare en toegewyde span vroue wat my kruie aan die groei hou.”
Tussen agtuur en vyfuur bedags help Krige die Namibiese Akkerbouraad met die uitvoering van hul pligte in die vars groente- en vrugtebedryf. Dit behels die toepassing van die markaandeel bevorderingskema vir tuinbouprodukte, of MSP-stelsel, waarvolgens plaaslike aankopers ’n minimum persentasie vars produkte van ’n plaaslike bron moet koop.
Krige is egter ’n suksesvolle entrepreneur en sakevrou. Hoe kry sy dit reg?
“My pa het altyd gesê jou lewe is jou eie; doen wat jy wil. Nelson Mandela se woorde ‘It doesn’t matter wat you have, it matters what you do with what you have that distinguishes one person from another’, is nog altyd belangrik vir my.
“Deur harde werk, krag van Bo en die liefde en ondersteuning van familie en vriende, kan ’n mens baie verrig,” sê Krige. “Jy moet net wíl en aanhou. Ek is mal oor wat ek doen. Dit gee my energie en ek voel ek lewer ’n bydrae tot die samelewing en ander mense se lewens. My grootste motivering bly egter my kinders. Ek wonder gereeld of ek genoeg vir hulle doen,” sê Krige.
Krige het twee seuns, Ruben (amper 11) en Naka (9), wat “lekker besig is” en haar “op die tone hou”.
Inspirasie
“My pa het waarskynlik die grootste invloed op die ontwikkeling van my passie vir organiese produkte gehad. Hy was uniek en interessant en ’n paar dekades ‘voor sy tyd’. Hy was altyd met die een of ander boerdery aan die gang en ek was outomaties deel van alles. Hy sou vandag as ’n voorloper vir ‘stedelike landbou’ bestempel kon word.”
Volgens Krige het sy boerderye alles van groentetuine, die teel van konyne en hoenders, bye, koi-visse asook tropiese visse ingesluit.
“My aandeel was dat ek ’n inkomste uit die waterplante gekry het. Ek het dus vroeg-vroeg my eie sakgeld verdien en dit nooit as werk beskou nie – ek het dit terdeë geniet.
“My ouma was ook ’n groot inspirasie. Sy het ’n fantastiese tuin gehad en ek het haar vakansies altyd daarmee gehelp,” vertel Krige.
Alles begin in 2004
Voordat Krige begin boer het, was sy hoofbestuurder van MWeb Namibia. Krige het in 2004 met organiese boerdery begin, sonder dat sy voorheen ervaring daarvan gehad het.
“Ek het van nature ‘groen vingers’ en is baie lief vir plaasdiere. Die besluit om organies te boer, het gekom nadat ek ’n kursus in volhoubare ontwikkeling by die Universiteit van Stellenbosch voltooi het.
“Die wêreld het vir my oopgegaan. Ek het verstom gestaan oor hoe min ons oor die negatiewe impak van ons menslike bedrywighede op die aarde weet. Vir die eerste keer het ek insig gekry waaroor die ‘greenies’ nou eintlik op en af spring.
“My kinders was ook ’n groot oorweging – ek wou by hulle ’n bewustheid oor die belangrikheid van die natuur kweek.”
Krige sê dit bied haar die grootste bevrediging om te ervaar hoe haar kinders se insig in die natuur ontwikkel. “Soms maak hulle waarnemings of opmerkings wat my verstom.”
Vroue in landbou
Krige sê sy glo daar is meer vroue in die plaaslike landboubedryf betrokke as wat mense besef.
“Op die einde van die dag sal bitter min plase sonder die insette van vroue werk. As mens kyk na hoeveel kleinboere eintlik vroue is, besef ons die waarde wat vroue toevoeg.
“Greenspot se hele span is vroue en dit is moontlik die deel wat ek die meeste geniet – om met hulle te werk. Ons kom ’n lang pad saam en hulle is uiters betroubaar en bevoeg.”
Krige sê as vrou ervaar sy sommige struikelblokke.
“Jinne, elektrisiteit, pompe, pype en meganika kom nie natuurlik nie. Ek is maar altyd aangewese op tegniese hulp. Soms is daar ook mense wat jou glad nie ernstig opneem nie en ek was al in baie komiese situasies, maar dis maar dikwels kultuurgebonde.
“Ek is egter gewoond daaraan om in ’n tradisionele manswêreld te werk, ek ken eintlik nie iets anders nie. Ek dink egter meer vroue moet leierskapposisies in landbou vul. Dit sal seker met tyd kom.”
Liefde vir kosmaak
“Ek dink my liefde vir kos maak en om nuwe dinge te toets, kom van my ma se kant. Ek is spesifiek lief vir tradisionele Afrika-disse soos ‘ombidi’ en ‘choumoulier’ en ek plant dit dan ook.
“Dis lekker om op die mark te sien hoe bly mense is om dit in Windhoek te kan koop. Gewoonlik kry mens dit net in afgeleë nedersettings. Ek het ook geleer om jogurt, maaskaas asook feta-kaas te maak. Ek kon uit my nate bars toe ek dit reggekry en het vir dae lank net jogurt geëet,” vertel Krige.
Sy sê sy is tans ’n mikroboer en kweek hoofsaaklik organiese kruie soos pietersielie, basiliekruid, kruisement, vars koljander, grasuie en knoffelgrasuie. Vir die huis plant sy dikwels interessante varïeteite groente.
“Op die oomblik het ek ’n klomp skemerkelkie-tamaties in die grond met verskillende kleure, geure en vorms.”
Krige sê plaaslike aanvraag na organiese produkte groei deurlopend.
“Al meer mense wil graag gesonde kos op die tafel sit en ons vind dat dokters en raadgewers in die gesondheidsbedryf hul pasiënte al meer aanraai om organiese kos te eet. In dié stadium kan die Namibiese organiese boere nie naastenby in die vraag voorsien nie. Dit is dus ’n goeie geleentheid vir boere – en dieselfde gebeur internasionaal.”
Organies is gesond
“In organiese boerderystelsels probeer ons volhoubare bestuurspraktyke toepas wat hoë produksie handhaaf, wat die natuur opbou en verbeter en voedsame, veilige voedsel produseer,” vertel Krige.
Sy sê organiese saad word ontwikkel om in robuuste klimaatsomstandighede te kan oorleef.
“Ons gebruik ekstensiewe diereproduksiestelsels en aangepaste rasse wat in ’n gegewe omgewing kan presteer, sonder die gebruik van groeihormone of onnodige antibiotika. Danksy internasionale blootstelling, is ek bekend met organiese produksiestelsels wat suksesvol is, sonder chemiese insekdoders, plantdoders en kunsmis.
“Dis interessant om te sien dat organiese akkerboustelsels baie beter in droogtetoestande vaar, danksy beter biomassa in die grond. Die grond het outomaties ’n beter vermoë om water te behou.
“Organiese bestuur is ’n logiese opsie vir klimaatverandering. ’n Uitdaging in Namibië is egter ’n gebrek aan kennis en ondersteuning van organiese boere,” sê Krige.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie