Oriënteringsprogram vir studente skop af
Die program is nie heropleiding nie, maar om die studente voor te berei om hul betrokke internskappe suksesvol te voltooi.
Henriette Lamprecht
Meer as 270 buitelandse tandheelkunde- en mediese studente gaan aanstaande jaar aan 'n oriënteringsprogram deelneem in 'n poging om vir plaaslike internskappe te kwalifiseer.
Die 272 studente val op 1 Januarie by die program in wat tot Augustus duur. Dit berei hulle voor vir internskapopleiding en fasiliteer sodoende hul integrasie in die nasionale gesondheidstelsel as geregistreerde beroepslui.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, word 195 gegradueerdes vir die tweede en 95 vir die derde keer geëvalueer.
Hy het in die Nasionale Vergadering (NV) gesê die getal gegradueerdes van 272 kan verander, omdat dit dié wat kwalifiseer vir herevaluering deur die Mediese en Tandheelkundige Raad van Namibië insluit.
Die laaste evaluering vir vanjaar is vir 14 Oktober geskeduleer. Vir dié evaluasie is 318 gegradueerdes uitgenooi waarvan 28 vir die eerste keer geëvalueer word.
Shangula het beklemtoon die program is nie heropleiding nie, maar om die studente voor te berei om hul betrokke internskappe suksesvol te voltooi.
Suksesvolle kandidate kan dan in September aanstaande jaar met hul internskap begin. Sou 'n kandidaat nie die aanvanklike agt maande oriënteringsprogram voltooi nie, het hulle 'n bykomende vier maande om in te haal. Die minister sê 'n kandidaat word net drie keer per aansoek geëvalueer en sou dit onsuksesvol wees, word bykomende opleiding vereis.
Volgens Shangula word die vraestel opgestel en gemerk deur mediese spesialiste van die gesondheidsministerie wat leerlingdokters oplei en waarvan die meeste ook by die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool klasgee.
Die program word oor 'n tydperk van agt maande aangebied en bestaan uit twee fases.
Fase 1 is teoretiese onderrig vir drie maande en fase 2 is kliniese opleiding by gesondheidsinrigtings vir 'n tydperk van vyf maande. Voortgesette evaluering sal tydens elk van die fases gedoen word. Aan die einde van rotasie sal die studente 'n eksamen skryf.
Suksesvolle kandidate sal 'n sertifikaat van voltooiing ontvang en die geleentheid hê om voort te gaan met die twee jaar internskapopleiding.
“Daar sal dus nie 'n behoefte of vereiste wees vir verdere evaluering voordat hulle die internskapprogram begin nie,” het Shangula gesê.
Die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) is in beheer van die evaluering van gegradueerdes in verskeie gesondheidsrigtings, insluitend tandheelkunde- en mediese studente, voordat hulle tot programme vir internskappe toegelaat word. Met die suksesvolle voltooiing van hul internskap, kan die betrokke gegradueerdes by die raad registreer.
Shangula sê uitdagings is die afgelope paar jaar ondervind met die suksesvolle voltooiing van evaluerings vir internskappe en veral met betrekking tot tandheelkunde- en mediese studente wat in die buiteland studeer het.
“Dit het beteken dié studente kon nie tot die internskapprogram toegelaat word nie en gevolglik nie as beroepslui in hul onderskeie dissiplines registreer nie,” het Shangula verduidelik.
In 'n poging om die situasie te beredder, het die ministerie in samewerking met verwante rolspelers verskeie opsies oorweeg om 'n praktiese oplossing te vind.
Die minister het op 5 Maart vanjaar 'n oriënteringsprogram aangekondig wat ontwerp is om buitelandse studente die kans te bied om vir internskappe te kwalifiseer.
Die program moes aanvanklik 1 April vanjaar afgeskop het, maar is weens die wêreldwye uitbreking van die Covid-19-pandemie, die noodtoestand en die gepaardgaande beperkings, eers op ys geplaas. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie