Orkaan Florence: Georgetown berei voor op vloede
Inwoners van die Georgetown-distrik in Suid-Carolina staal hulself vir oorstromings in die nadraai van die orkaan Florence, berig Reuters.
Die distrik, waar vyf riviere in die oseaan uitmond, het sowat 900 mm reën die afgelope week gehad en riviere sal volgens beamptes in die gebied teen volgende week in vloed wees.
Minstens 40 mense is weens die orkaan dood en owerhede het Vrydag begin om 15 000 sandsakke uit te deel in afwagting op die oorstromings.
In Noord-Carolina is 31 mense dood, in Virginië een en in Suid-Carolina agt.
Owerhede in die rampgebied beplan om mense te verwyder en Lane Cribb, plaaslike polisiehoof, sê om mense en eiendom te beskerm is die stad se enigste oogmerk. Mense moet bid, sê hy.
Owerhede sê 4 700 mense in Noord-Carolina moes per boot of helikopter gered word sedert die orkaan land bereik het. Dit is twee keer soveel as ten tyde van die orkaan Matthew twee jaar gelede. Sowat 10 000 mense bly nog in skuilings.
Die kusdorp Wilmington in Noord-Carlolina is sedert Donderdag van die buitewêreld afgesny en 200 paaie in die deelstaat is steeds vir verkeer gesluit.
In Noord- en Suid-Carolina was 54 000 huise en ondernemings teen Vrydagmiddag steeds sonder krag.
Watervlakke hou aan styg en reddingspanne is baie bekommerd oor omgewings- en gesondheidsgevare.
’n Gasaanleg van die Duke Energy Corporation het Vrydag gesê steenkoolas van ’n stortingsterrein kan weens die oorstromings in die Cape Fear-rivier beland en die water besoedel. Die as is nadelig vir die natuurlewe.
In Noord-Carolina is daar ook kommer dat varkmis wat gestoor word water kan besoedel omdat die stoorplekke onder water is.
Rioolwater het ook reeds weens die oorstromings in die vloedwater beland. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie