Orkaan Irma tref Karibiese eilande

Uitdagende tye het vir die Karibiese eilande en die Amerikaanse deelstaat Florida aangebreek met die aankoms van Orkaan Irma.
Die kragtigste Atlantiese Oseaan-orkaan in die geskrewe geskiedenis het vroeg gister by die eilande van die noordelike Karibiese See aan land gegaan.

Die oog van die orkaan het omstreeks 01:47 Amerikaanse tyd oor Barbuda beweeg. Inwoners het oor die plaaslike radio gesê hul telefoonverbindinge is afgesny.

Swaar reën en loeiende winde het die naburige eiland Antigua getref en puin in die lug laat vlieg, terwyl mense in hul huise en regeringskuilings gekluister was.

Amptenare het mense gewaarsku om hulself teen Irma te beskerm en die verklaring afgesluit met die woorde: “Mag God ons almal beskerm.”

Die storm gaan met winde van tot 295 kilometer per uur gepaard. Orkaan Irma stuur eers op die Benedewindse Eilande (Leeward) af en sal Miami, Florida, na verwagting Saterdag tref, sê die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum.

Die bedreiging wat die storm vir die VSA inhou, word deur die owerhede as “potensieel katastrofies” beskryf, terwyl Texas en Louisiana nog probeer herstel ná die vernietiging van die tropiese storm Harvey verlede week.

Pres. Donald Trump het Dinsdag reeds noodplanne goedgekeur vir Florida en al die Amerikaanse gebiede wat moontlik geraak kan word, wat rampbestuurhulpbronne aan plaaslike gemeenskappe be­skikbaar maak nog voordat die storm tref, sê die Withuis.

Orkaanwaarskuwings is uitgereik vir die Benedewindse Eilande, insluitend Antigua en Barbuda, Anguilla, Montserrat, St. Kitts en Nevis, asook die Amerikaanse en Britse Maagde-eilande, Puerto Rico en die Dominikaanse Republiek.

“Voorbereidings om lewens en eiendom te beskerm, moet spoedig afgehandel word,” sê die sentrum.

Strandlangs in San Juan, hoofstad van Puerto Rico, het mense vensters met hout en sinkplate bedek, terwyl die branders nog Dinsdag kalm ingerol het. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!