Orkaan Michael: Min hoop om nog oorlewendes te vind
’n Soektog na vermistes te midde van die grootskeepse verwoesting wat deur die orkaan Michael in die Amerikaanse deelstaat Florida aangerig is, het Sondag in ’n soektog na die lyke van slagoffers verander.
“Met sonop sal ons weer die soektog aanpak, maar die hoop dat ons nog oorlewendes gaan vind, word al hoe skraler,” sê Alex Baird, brandweerhoof van Panama City in Florida, een van die gemeenskappe wat deur die kategorie 4-storm getref is.
Na verwagting sal pres. Donald Trump die deelstate Florida en Georgia vandeesweek besoek om die volle omvang van die skade te sien.
Volgens die Withuis was Trump vasbeslote om alles in sy vermoë te doen om die deelstate en plaaslike agentskappe met hul opruimingswerk by te staan.
DODETAL
Die dodetal was Saterdag op 18, maar kan styg namate noodreddingswerkers van deur tot deur aanklop in die kusgemeenskappe van Florida, Georgia en die Carolinas. Soek- en reddingsvrywilligers het reeds honderde inwoners wat vroeër die week as vermis aangemeld is, opgespoor.
Volgens ’n vrywilliger wat aan die opruimingspoging deelneem, is ’n tekort aan kos en water een van die grootste probleme wat inwoners ervaar.
Noodreddingswerkers, gekortwiek deur krag- en telekommunikasie-onderbrekings, het van hommeltuie, snuffelhonde en swaar toerusting gebruik gemaak om mense in die puin te vind.
Rick Scott, goewerneur in Florida, het meer as 1 700 noodreddingswerkers, waaronder sewe water-reddingspanne en bykans 300 ambulanse, beskikbaar gestel om met die reddingswerk te help. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie