Ortega se broer pleit vir vrede in Nicaragua
Die broer van pres. Daniel Ortega van Nicaragua het ’n beroep op die staatshoof gedoen dat hy pro-regeringsmilitariste moet stopsit wat verantwoordelik is vir maandelange dodelike opstande in die land.
Humberto Ortega, voormalige hoof van die land se weermag, het in ’n televisieonderhoud met CNN en Español, gesê die regering moet verantwoordelik optree en “’n einde bring aan die gewapende mense se teenwoordigheid”.
BBC berig pres. Ortega het tot nou toe nie gehoor gegee aan soortgelyke oproepe nie en pak die skuld op die opposisie.
Meer as 300 mense is reeds in die geweld dood.
Pres. Ortega (72) het vroeër verlede week in ’n onderhoud met die Amerikaanse Fox News gesê die gewapende groepe word deur opposisiepartye en dwelmkartelle befonds.
Nicaragua word sedert April deur onluste geteister toe die president gelas het dat pensioenvoordele verminder moet word.
Die plan, wat intussen afgeskaf is, het betogings aangevuur en gelei tot eise vir Ortega se bedanking en ’n vroeë verkiesing. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie