Osaka neem beheer ná Azarenka se woema opraak
Tennis
Naomi Osaka is op 22 ’n driemalige grand slam-kampioen nadat sy Victoria Azarenka Sondagoggend met 1-6, 6-3, 6-3 geklop het om in die Amerikaanse Ope te seëvier.
Die vierde gekeurde van Japan moes egter vasbyt om Azarenka se aanslag af te weer.
Osaka het in die eerste stel geen antwoord vir haar teenstander se berekende spel gehad nie.
Sy het mettertyd beheer geneem nadat die 31-jarige Azarenka nie haar pas in die eerste stel kon handhaaf nie.
Toe Osaka eers op dreef kom, was dit gedane sake.
Azarenka het in haar eerste grand slam-eindstryd sedert 2013 gespeel en was aanvanklik uitstekend op dreef.
Osaka het, nadat sy die sege beklink het, vir ’n oomblik op haar rug gelê en na bo gestaar.
Dié terugvegpoging beteken Osaka het, nadat sy ook in 2018 in die Amerikaanse Ope en verlede jaar in die Australiese Ope op die wennerspodium gestaan het, nog nie in die eindstryd van ’n grote verloor nie.
“Ek wil nie weer in ’n eindstryd teen jou speel nie, ek het dit nie regtig geniet nie. Dit was ’n taai wedstryd vir my,” het Osaka skertsend teenoor Azarenka gesê.
“Dit was werklik ’n inspirasie om teen jou te speel, want ek het jou hier sien speel toe ek jonger was. Dankie, ek het so baie geleer,” het sy bygevoeg.
Osaka se eerste sege in ’n grand slam twee jaar gelede by Flushing Meadows, het in skoon stelle teen Serena Williams gekom in ’n ontmoeting wat eerder vir haar teenstander se argument met die skeidsregter Carlos Ramos onthou word.
Dit het Osaka in trane gelaat, maar haar tweede Ope-oorwinning in New York het in groot kontras afgespeel.
Osaka het verlore gelyk gedurende die eerste stel en het verskeie foute begaan teen die speler wat Williams Vrydag in die halfeindstryd uitgeskakel het.
Sy het – met Azarenka ten volle in beheer ná die eerste stel – moedeloos ’n handdoek oor haar kop laat hang.
Die wenner se spel daarna was indrukwekkend.
“Ek het net gedink dit sal ’n verleentheid wees om in minder as ’n uur te verloor,” het Osaka gesê.
– Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie