Osaka praat nie met media
Tennis
Die Japannese tennisster Naomi Osaka sal weens haar kommer oor die impak van nuuskonferensies op spelers se geestesgesondheid nie by die Franse Ope met die media gesels nie.
Die 23-jarige wenner van vier Grand Slam-titels sê om te verwag dat spelers ná afloop van 'n nederlaag vrae beantwoord, “is soos om iemand te skop wat op die grond lê”.
Osaka, tweede op die wêreldranglys, spog met twee titels elk by die Australiese Ope en Amerikaanse Ope, maar het nog nie sukses by Roland Garros behaal nie.
Die Franse Ope begin komende Sondag in Parys.
“Ek voel gereeld mense het geen agting vir sportlui se geestesgesondheid nie en dit is inderdaad die geval as ek nuuskonferensies sien of aan een deelneem,” sê Osaka.
“Ons sit dikwels daar en moet vrae beantwoord wat ons voorheen reeds telkemale beantwoord het, of hulle vra ons vrae wat twyfel by ons saai. Ek gaan myself eenvoudig nie blootstel aan mense wat in my twyfel saai nie.”
Osaka hou vol “dit is nie persoonlik” teenoor die toernooi nie en sy hoop die “aansienlike” boete wat sy verwag om te kry, sal geskenk word aan 'n liefdadigheidsorganisasie wat op geestesgesondheid fokus.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie