Oscar-benoeming dalk in u2018The White Lineu2019 se visier
Oscar-benoeming dalk in u2018The White Lineu2019 se visier

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

Yandi Du Plessis
Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming.

Dit is die eerste Namibiese rolprent ooit wat vir ’n Oscar-benoeming oorweeg word, en is as ’n onafhanklike film ingeskryf.

Die Namibiese Filmkommissie (NFC) het die rolprent gelukgewens en gesê dié prestasie is “monumentaal” vir die plaaslike rolprentbedryf.

Desiree Kahikopo-Meiffret, Girley Jazama en Micheal Pulse het die rolprent vervaardig en die storielyn handel oor ’n man en vrou wat nie ras of kleur raaksien nie; wat onbewustelik teen die samelewing se norme beweeg en vertroosting in liefde vind. Dit in ’n era waar liefde tot “jou eie soort” beperk was.

Om ’n onafhanklike rolprent in die wedloop vir die Oscars te wees, vereis ’n aansienlike begroting om bewustheid van die film onder die Akademie se lede te skep en ’n nominasie te verseker.

Die NFC het dus ’n beroep op plaaslike ondernemings, staatsentiteite en Namibiërs in die algemeen gedoen om die rolprent se geldinsamelingsinisiatiewe te ondersteun soos hulle die veldtog afskop om hul rolprent in Amerika te bemark vir ’n moontlike Oscar-benoeming.

Belangstellendes kan by www.gofund.me/3cd03a61 ’n skenking maak, of die vervaardigers direk kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!