Oscar Pistorius kla glo gereeld in die tronk
Oscar Pistorius het dikwels gekla terwyl hy in die Kgosi Mampuru II-gevangenis was, het adv. Gerrie Nel, staatsaanklaer, gesê.
Nel sê hy het toegang tot die tronk se klagteregister waarin Pistorius se klagtes almal aangeteken is.
Nel het dit gisteroggend in die hooggeregshof in Pretoria gesê tydens die kruisondervraging van prof. Jonathan Scholtz, die verdediging se eerste getuie ter strafversagting.
Nel het aan Scholtz gesê Pistorius het sy humeur teenoor ene sr. Mashabane (van die tronk) verloor en met sy hande op die tafel “geslaan”. Toe Pistorius by Mashabane se kantoor ingestap het, het hy gebewe.
Scholtz het getuig Pistorius was die “meeste dae” tot 18 uur per dag in sy sel.
Nel het hierop gesê Pistorius se sel was ses vierkante meter groot en hy kon daaruit beweeg in die afdeling waarin hy aangehou is. Die ander persoon in die afdeling was Radovan Krejcír. Pistorius is dus nie in afsondering aangehou nie.
Scholtz het getuig iemand het in Pistorius se sel ingekom en hom aangerand. Nel het dit betwis.
Daar was ook twee gevalle waarin bewaarders mense saamgebring het om na Pistorius te kom kyk. In een van dié gevalle is die ligte aangesit sodat die besoekers Pistorius kon sien.
Scholtz het getuig Pistorius het aan hom gesê hy het die lyk gesien van iemand wat homself opgehang het.
Nel het geantwoord dat dit nie gebeur het nie.
Nel het aan Scholtz gesê die middels Cipralex en Molipaxin (teen depressie) is op 19 Julie 2015 onwettig in Pistorius se sel gevind. Scholtz het vroeër in hoofgetuienis gesê Pistorius sal nie in staat wees om self ter strafversagting te getuig nie.
Nel het in kruisondervraging hieroor gesê Pistorius het egter ’n onderhoud toegestaan aan die Britse TV-kanaal ITV. (Die program word op 24 Junie uitgesaai.)
Nel het gesê Pistorius is dus nie in staat om sy weergawe aan die hof te vertel nie, maar wel aan ’n TV-kanaal.
Scholtz het voorts getuig Pistorius aanvaar dat hy Reeva se lewe geneem het. Nel het hierop gesê daar is ’n verskil tussen die erkenning dat ’n mens ’n lewe neem en die erkenning dat jy moord pleeg.
Scholtz het gesê hy het Pistorius gevra of hy aanvaar hy het moord gepleeg en dié het “ja” geantwoord. Pistorius het aan hom gesê hy het doelbewus geskiet, het Scholtz getuig.
Nel het hierop gesê dis die eerste keer dat die hof hoor Pistorius sê hy het doelbewus geskiet.
Nel het gesê hy vind dit eienaardig dat Scholtz klem lê op die mediadekking wat Pistorius weens die saak ontvang het.
Scholtz het geantwoord hy het Pistorius se toekoms met hom bespreek. Pistorius was bekommerd dat as hy kinders gaan hê, hulle sy naam gaan Google en afkom op wat hy gedoen het.
Die hof hervat volgende Maandag om 14:30.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie